Proe die ‘ander cabernet’ op Vrede en Lust

As jy een van daai wynliefhebbers is wat wyn as ’n wonderlike reis van ontdekking en verkenning beskou en jou nie blind staar teen cabernet sauvignon nie, dan moet jy ’n aantekening in jou dagboek maak van 25 Mei want dan sal jy van Suid-Afrika se beste cabernet francs op die Cabernet Franc-karnaval kan proe.

Hierdie fees vind op die bekende Vrede en Lust-landgoed by Simondium tussen die Paarl en Franschhoek plaas.

Van die podusente wat aan die karnaval gaan deelneem, is Mitre’s Edge, Delaire Graff, Bellevue, Hermanuspietersfontein, Holden Manz, Journeys End, Lynx Wine Estate, Morgenster, Raats Family Wines, Rainbow’s End Estate, The Garajeest, Thor Vintners, Villiera en  Vrede en Lust.

Kaartjies kos R350 per persoon en sluit toegang, parkering, ’n komplimentêre wynglas, ’n koskoepon van R60 en lewende vermaak in. Die kaartjies is beskikbaar by Quicket via https://qkt.io/J98xK6.

Vir meer inligting, kontak Björn van Oort op 084 511 1806 fvolg die cabernet franc-karnaval se Facebook-blad by https://www.facebook.com/cabfranccarnival/

einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>