Canetsfontein stel sy Cliffhanger Organic Red 2022 bekend

Wat het ’n organiese rooiwyn en bergfietsry in gemeen? Wel, as die rooiwyn van Canetsfontein aan die voet van die bekende Bainskloof by Wellington afkomstig is, nogal heelwat!

Sien, die saak staan so: Hierdie Wellingtonse wynlandgoed het homself aan bergfietsryers voorgestel tydens die epiese ABSA Cape Epic, die Tour de France van bergfietsry. En nie sommerso nie. Aikôna! Die Canetsfontein Organic Wine Estate was vanjaar ‘n amptelike roetevennoot van die ABSA Cape Epic met sy nuwe enkelbaanroete genaamd Cliffhanger wat deelnemers tot 1 000m bo seespieël laat trap het.

Maar Cliffhanger is sommer ook die naam van die landgoed se veganvriendelike, swaelvrye en organiese rooiwyn. Die Canetsfontein Cliffhanger Organic Red 2022 is ‘n ligte tot medium wyn met ‘n dieprooi kleur. Aromas van bloubessies en sjokoladegeure word aangevul deur sagte vrugte-tanniene. ‘n Ligte houtbehandeling bring spesery- en vanieljegeure na vore. Die feit dat geen swael bygevoeg is nie, verhoog die vars vrugtigheid van die wyn. Die Cliffhanger komplementeer geregte soos vis, eend, rooivleis, varkpasta en slaaie. Verkoel en bedien teen 16 tot 18 grade Celsius.

Die Canetsfontein Cliffhanger Organic Red 2022 kos R130 per bottel en R780 per kis van ses bottels. Dit is in Canetsfontein se aanlynwynwinkel te koop, met aflewering landswyd, by https://canetsfontein.com/product/canetsfontein-cliffhanger-organic-red-2022/.

Volgens Alexander Falk, die eienaar van Canetsfontein, het hulle die Cliffhanger geskep om diegene te vereer wat dapper genoeg is om een van die uitdagendste bergfietsroetes ter wêreld aan te durf.

“Cliffhanger is gemaak vir mense wat ‘n aktiewe en gesonde leefstyl lei, maar steeds die goeie dinge in die lewe geniet,” sê Falk. “Die vraag na wingerde wat in harmonie met die natuur gekweek word, het geweldig gegroei en nou ervaar ons dat al hoe meer verbruikers regoor die wêreld wil hê dat hul wyn ook swaelvry moet wees.”

Volgens Canetsfontein se wynmaker, Frank Meaker, was dit ‘n uitdaging om ‘n wyn te maak wat al die boksies “tiek” en steeds gehalte lewer én heerlik smaak. “Canetsfontein se organiese wingerde is nog in hul kinderskoene as deel van hul herplantingsprogram, daarom is Cliffhanger se 2022-oesjaar ‘n versnit van uitgesoekte kultivars uit 20-jaaroue organiese wingerde uit die kusstreek.”

Meaker beveel aan dat wyndrinkers die Cliffhanger so vreesloos soos ‘n bergfietsryer moet benader. “Aromas van gedroogde vrugte, ryp kersies en moerbei sal jou lok ‘teen die helling’, ‘n bietjie sjokolade sal jou hart vinniger laat klop en sagte spesery- en vanieljegeure sal jou aan die einde beloon. Probeer dit gerus verkoel op ‘n epiese dag.”

Uitdagend én vernuwend is Cliffhanger, sowel die wyn as die roete, en albei vra om beter verken te word. G’n wonder die Falk-familiewapen is ‘n draak nie – kyk uit daarvoor op Canetsfontein se wynetikette!

Vir meer inligting, skakel +27 (0) 71 248 1222 of stuur ’n epos na info@canetsfontein.com, of besoek https://canetsfontein.com/ en volg @canetsfonteinwines op Facebook en Instagram.

einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>