De Krans sit sy segetog op kompetisies voort!

De Krans, wyd en syd bekend as een van Suid-Afrika se voorste portwynprodusente, se versameling van toekennings ken eenvoudig geen einde nie! Op die onlangse prysuitdeling van die 2019 National Wine Challenge het hierdie veelbekroonde landgoed aan die buitewyke van Calitzdorp weer eens sy staal getoon toe sy Cape Vintage Reserve 2016 met die Grand Cru-toekenning (Beste in Kategorie) beloon is, asook met ’n dubbele platinum-toekenning.

Asof dit nie reeds genoeg lofbetuiginge is nie, het dié portwyn ook ’n plek los geslaan op die gesogte Top 100 Wines-lys vir 2019!

De Krans se Cape Vintage Reserve 2016, die landgoed se vlagskip-portwyn, het 20 maande in ’n groot eikehoutvat deurgebring en spog met ’n diep, donker kleur met ’n pruimrooi rand. Dis ’n “groot” wyn met geure van ryp donker vrugte soos pruime, moerbeie en swart bessies. Dis ’n goed afgeronde wyn met sweempies donker sjokolade en stewige tanniene en behoort vir nog 30 jaar te kan verouder. Die Cape Vintage Reserve 2016 is ’n portwyn wat op sy eie geniet kan word of met goed verouderde kaas.

Die De Krans Cape Vintage Reserve 2016 kos sowat R375 per bottel.

Vir meer inligting oor hierdie bekroonde portwyn, kontak De Krans op 044 213 3314 of besoek www.dekrans.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>