Morgenster lig sluier op nuwe voorkoms van ekstra suiwer olyfolies  

Date posted:
May 16, 2023

Morgenster Estate, die tuiste van bekroonde ekstra suiwer olyfolies, is alombekend vir hul olyfolies van hoogstaande gehalte. Die landgoed se stigter, Giulio Bertrand, word beskou as die “vader van olyfolie” in Suid-Afrika aangesien hy die weg gebaan het vir die plaaslike olyfoliebedryf van vandag.

NUWE VOORKOMS, DIESELFDE GEHALTE

Morgenster se ekstra suiwer olyfolies spog met ’n nuwe, elegante, kleurvolle, minimalistiese en moderne voorkoms wat reg laat geskied aan die buitengewone gehalte van die produkte. Die nuwe logo laat die klem val op Morgenster se “M” en die landgoed se ikoniese “oggendster” in ’n opwindende nuwe ontwerp. Die doel is om die ware essensie van die handelsmerk en sy oorsprong te laat herleef. Die landgoed se Europese invloed het die Mediterreense kleure van die etikette geïnspireer wat Morgenster se prominente blou komplementeer.

Van olyf na olie, van groen na goud!

Giulio Bertrand het in 1994 17 van die beste Italiaanse olyfkultivars ingevoer en dit op 42 hektaar van die landgoed se rotsagtige grond geplant. Morgenster se eerste ekstra suiwer olyfolie is in 1998 bekend gestel. Met sy filosofie van “waar daar gehalte is, is daar geen kompromis nie” word Giulio se erflating vandag deur sy dogter, Federica, en kleindogter, Vittoria, voortgesit. Hul passie vir gehalte word weerspieël in hul produkte en vorm die grondslag vir ’n nuwe era van innovasie en uitnemendheid.

Morgenster se reeks sluit vier ekstra suiwer olyfolies en ’n balsemasyn in.

EXTRA VIRGIN OLIVE OIL

VIBRANT & VERSATILE
Morgenster se Extra Virgin Olive Oil is ’n premie-versnit van tot 14 van hul beste Italiaanse kultivars. Sy goed gebalanseerde, vars en vrugtige geure is oor die jare heen volmaak en word deur kosliefhebbers, sjefs en gesinne regoor die wêreld geniet.

DELICATE EXTRA VIRGIN OLIVE OIL

BALANCED & SUBTLE

Geniet hierdie fluweelsagte ekstra suiwer olyfolieversnit, wat in klein hoeveelhede gemaak word van spesiaal uitgesoekte kultivars, se goue kleur, fluweelagtige tekstuur en sagte vrugtegeure. Dit is heerlik.

DON CARLO EXTRA VIRGIN OLIVE OIL

BOLD & ROBUST

Hierdie enkelkultivar- ekstra suiwer olyfolie is gemaak van don carlo-olywe. Sy buitengewone, sterk geur het reeds lof op die wêreld se vernaamste kompetisies ingepalm.

LEMON-ENHANCED EXTRA VIRGIN OLIVE OIL

ZESTY & TASTY

Hierdie sitrusagtige ekstra suiwer olyfolie word gemaak deur die sap van koud geparsde suurlemoenskil versigtig te meng met die beste ekstra suiwer olyfolie. Die heerlike sitrusgeur is vars en lewendig.

ITALIAN BALSAMIC VINEGAR

TANGY & COMPLEX

Die reeks word voltooi met die landgoed se Italian Balsamic Vinegar wat in Italië geproduseer en op Morgenster gebottelleer word. Hierdie samewerking met egte Italiaanse produsente lei tot ’n buitengewone balsemasyn waar streng tradisionele metodes gebruik word.

Die Morgenster-landgoed aan die buitewyke van Somerset-Wes en aan die voet van die Helderberg is elke dag oop vir olyfolie- en wynproeë.

Vir meer inligting oor die landgoed se bekroonde wyne en ekstra suiwer olyfolies, besoek  www.morgenster.co.za.

einde

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram