Luddite Wines se jongste oesjaar van sy chenin blanc is pas gebottel. Dis die goeie nuus. Die slegte nuus is dat slegs 1 130 bottels met liefde en passie in Niels en Penny Verburg se gevierde wynkelder in die Botrivier-wynstreek gemaak is.
Luddite is een van die sterre van Botrivier - ’n streek wyd en syd bekend vir sy verbete onafhanklikheid en joviale informaliteit. Maar wynmaak hier is ’n ernstige besigheid.
“Die Chenin is ’n uitlaatklep vir die bleeksiel wat in Niels skuil,” sê Penny. “Dit herinner hom aan sy dae as seëlversamelaar - presies en geduldig - maar wat die wyn se stem toelaat om na vore te kom en die praatwerk te doen.”
Die Luddite Chenin 2019 het ’n ryk voorkoms wat herinner aan goue strooi. Die geure herrinner aan speserye, geroosterde amandels en ster-anys, wat later ook wit perskes verklap. Die smaak is vars met ’n effense souterige neutagtigheid. Daarna kom peer, speserye en kaneel na vore. Dit het ’n talmende smaak wat volbring word in ’n perske-agtige einde.
Die druiwe vir hierdie wyn kom van ’n enkelwingerd waaroor Penny haar hand hou en waar sy alleen snoei en suier. “Dis my gelukkige plekkie daai,” grap sy. “Net ek hanteer en deel dit met die natuur - wat natuurlik die verpeslike voëls insluit!”
Wanneer oestyd aanbreek, word die druiwe gepars, ontstingel en dan toegelaat om natuurlik op die doppe in oop tenks te gis.
“Ons pars direk na die vat met soveel moontlike sediment,” sê Niels. “Dit laat die wyn toe om lyf en ook tekstuur te verkry.”
Die Luddite Chenin 2019 se voorgestelde kleinhandelprys is R400 per bottel. Dit is die enigste wit enkelkultivarwyn wat op Luddite gemaak word. Die portefeulje bestaan verder uit die wynkelder se legendariese Shiraz en twee versnitte, onder die Saboteur-etiket.
Luddite Wines is weeksdae van 09:00 tot 16:00 oop, en op afspraak oor naweke. Kontak die plaas by 028 284 9308 of stuur epos na info@luddite.co.za.
Besoek www.luddite.co.za vir meer inligting of volg die kelder op sosiale media: ludditewines (Facebook) en luddite_wines (Instagram).
EINDE
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast