Zonnebloem, een van Suid-Afrika se mees tydsame wynhandelsmerke, het pas ‘n nuwe wynmaker, Elize Coetzee, aangestel wat die wynmaakspan in ‘n vurige drietal dames omskep. Elize neem die lysels van die witwyne by Deon Boshoff oor wat onlangs aangestel is as kelderbestuurder en sluit haar by die rooiwynmaker, Bonny van Niekerk, en die wynboukundige, Annelie Viljoen, aan.
Elize het haar graad in wingerd- en wynboukunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en in 2005 as assistent-wynmaker van witwyn by Zonnebloem aangesluit onder die wakende oog van Deon Boshoff. Sedertdien was die bekendstelling van die bekroonde Zonnebloem Limited Edition-reeks een van Elize se hoogtepunte.
Elize se nuwe verantwoordelikhede as witwynmaker sluit in om toesig te hou oor alle aspekte van die produksie en veroudering van die witwyne by die Zonnebloem-kelders in Stellenbosch.
“Om wyn te maak, is ’n lewenswyse. Jy moet jouself daardeur kan uitleef, lief wees daarvoor en dit geniet,” vertel Elize, wat ‘n sagte plekkie vir sauvignon blanc het juis omdat die druifsoort soveel uitdagings inhou.
Elize glo vas dat gehalte en aandag aan die kleiner dingetjies alles is wanneer dit kom by die maak van wyn en dat daar geen kortpad bestaan as jy ‘n goeie wyn maak nie.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast