Zonnebloem se nuwe span skitter by Veritas

Date posted:
October 11, 2011

Die mikrobestuur van sy druiwe wat Zonnebloem in die wingerde en sy kelder toepas, lewer uitstekende resultate, sê Deidre Samson, dié handelsmerk se globale bemarkingsbestuurder. Sy het kommentaar gelewer op die kelder se drie goue en vier silwer Veritas-medaljes wat hy by die SA Nasionale Wynskou van 2011 verdien het.

 

’n Al beter begrip van die profiel van individuele wingerdblokke van waar die span sy druiwe kry, speel ’n groot rol om wyne met uitmuntende ewewig, elegansie en suiwer vrugtekarakter te maak, sê Deon Boshoff, die keldermeester.

 

Die drie goue medaljes is almal toegeken aan wyne wat in beperkte hoeveelhede gemaak word: die 2009- Zonnebloem Limited Edition Cabernet Sauvignon en die 2011-oesjaar van die Limited Edition Chenin Blanc en Sauvignon Blanc. Hierdie wyne word net gemaak wanneer die druiwe van uitsonderlike gehalte geag word.

 

Silwer medaljes is aan die 2009- Limited Edition Shiraz en die 2011- Limited Edition Semillon toegeken, asook aan twee wyne uit Zonnebloem se hoofreeks: die 2009- Pinotage en die 2011- Sauvignon Blanc.

 

Annelie Viljoen, Zonnebloem se wingerboukundige, kan druiwe keur uit meer as 330 blokke. Dié is meestal naby Stellenbosch, en talle produsente lewer al drie of vier geslagte lank hul druiwe. Elize Coetzee maak die witwyne en Bonny van Niekerk die rooies. Albei werk onder leiding van Deon Boshoff.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram