Zonnebloem Sauvignon Blanc is die perfekte somerwyn

Date posted:
November 3, 2010

Die Zonnebloem Sauvignon Blanc 2010, een van drie Zonnebloem-wyne wat by vanjaar se internasionale Michelangelo-wyntoekennings ’n goue medalje verower het, is ’n lewendige en verfrissende somerwyn wat die finesse van dié klassieke variëteit opreg vasvang.

 

Die 2010-oesjaar van hierdie gewilde sauvignon blanc, wat onlangs deur Zonnebloem bekend gestel is, is propvol geure van groenvye en tropiese vrugte.

 

Dié wyn is op sy beste wanneer dit effens verkoel is en is die perfekte wyn om in die somer te geniet. Dit gaan ook goed saam met vars slaai en witvleisdisse soos hoender-risotto, varkvleis en seekospaella.

 

Die Zonnebloem Sauvignon Blanc 2010 kos sowat R42 by vooraanstaande winkels.

 

Die ander twee Zonnebloem-wyne wat ook met goue medaljes by Michelangelo gekroon is, is die Zonnebloem Shiraz Mourvédre Viognier 2006 en die Zonnebloem Limited Edition Chenin Blanc 2009.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram