Zandvliet-wyne se ‘towerkrag’ lê in sy unieke terroir

“Zandvliet bied ’n blik op ’n spesifieke tydvak,” sê Jacques Cilliers, wynmaker van dié bekende Robertsonse landgoed. “Dit weerspieël die geskiedenis en die veranderende invloed van die natuur. Ons is baie gelukkig dat die wingerde mal is daaroor en dit vertoon dan ook so in die wyne.”

Vir baie mense is Zandvliet sinoniem met shiraz. Zandvliet was onder die land se heel eerste wynkelders wat dié edel kultivar gebottel het.

Maar shiraz is nie die enigste kultivar wat op die plaas floreer nie. Die landgoed het baie lojale ondersteuners wat elke jaar ywerig op die nuwe chardonnay-oesjaar en ander klassieke aanbiedinge wag.

Die plaas lê weerskante van die Kogmansrivier met die majestieuse Langeberge wat in die noorde wag staan. ’n Reeks laekalksteenheuwels lê in die suide van Zandvliet se grond en dit bring die spesiale “towerkrag” na die plaas se terroir. Hierdie “towerkrag” – die kalkagtige Karoogrond met rooi klei onder en sporadiese dele krytagtige kalksteen – voed die wingerde en gee aanleiding tot die wyne se ferm suur, gekonsentreerde geure en mineraliteit.

Hier vat deurwinterde tradisies hande met moderne tegnologie om pure weelde in ’n glas te skep. Zandvliet se wyne word voortdurend uitgesonder vir hul tydlose elegansie, styl en gehalte. ’n Rits toekennings bevestig die landgoed se status as een van Suid-Afrika se voorste produsente.

Die enigste verandering is die feit dat Zandvliet sedert Oktober 2019 binne die Van Loveren-portefeulje val.

Die huidige Zandvliet-portefeulje bestaan uit ’n diverse wynreeks wat nie net die handelsmerk se geskiedenis weerspieël nie, maar ook sy uitmuntende terroir:

Zandvliet Shiraz 2017

Die komplekse neus sluit geure van pruime, swartbessies en peper in, met skeutjies gemengde speserye tussenin. Die soomlose smaak is vol donker sjokolade. Dit kos sowat R120/bottel.

Zandvliet Chardonnay 2019

Dié Chardonnay (regs) se neus spog met lemmetjie-, nektarien-, grenadella- en perskegeure, met skeutjies botterkaramel. Dit dra deur na ’n harmonieuse smaak wat lank talm. Dit kos sowat R120/bottel.

Zandvliet Shiraz Rosé 2020
’n Baie kenmerkende reuksensasie van roosblare, spanspek, aarbeie en framboos coulis in hierdie wyn (links) word saamgevat in ’n baie geronde smaak wat terselfdertyd verfrissend vars is. Die smaak roep rooivrug op, maar die nasmaak is heerlike blomgeure. Dit kos sowat R85/bottel.

Zandvliet Muscat 2018

Verwag intense muskaat-, lemoenskil- en roosblaar-geure met ’n skeutjie speserye. Hierdie lae-alkoholwyn (slegs 7.17%) “ontplof” met intense appelkoos-, lemoenskil-, roosblaar- en ligte speserygeure. Dit volg deur na ’n sagte, volronde nasmaak. Dit kos sowat R85/bottel.

Kalkveld Shiraz 2016

Hierdie wyn vertoon aromatiese geure van pruime, gedroogte pruime, viooltjies en skeutjies speserye. Elke slukkie het ’n kenmerkende, geïntegreerde houtsmaak en ’n lang, fluweelagtige nasmaak. Dit kos sowat R240/bottel.

Hill of Enon Shiraz 2018

Dié wyn bied delikate, lae geure van bloubessies, droplekkers en donker sjokolade wat deurgaans op die tong te bespeur is, vermeng met pruim-, sigaarboks- en sjokoladegeure. Dit eindig in ’n lang, sagte nasmaak. Die kos sowat R445/bottel.

Zandvliet se wyne is by hul aanlynwinkel en landwyd by uitgesoekte wynhandelaars en restaurante beskikbaar. Vir meer inligting, stuur ’n eposboodskap na zandvliet@vanloveren.co.za of besoek www.zandvliet.co.za.

Vind en deel jou Zandvliet-herinneringe by ZandvlietWine op Twitter, Facebook, Instagram en by ZandvlietWines, op Pinterest.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>