Wynkompetisies onderstreep weer eens gehalte van SA wyne

Nóg die Suid-Afrikaanse regering nóg ’n wêreldwye pandemie sal die Suid-Afrikaanse wynbedryf onderkry! Dit het die jongste nasionale wyn-uitdaging en top 100-wynuitdaging weer eens bewys.

Zandvliet het op die National Wine Challenge/Top 100 SA Wines Challenge getriomfeer deur platinum, dubbel goud en dubbel silwer los te slaan. Hierdie prestasie bevestig ook weer Zandvliet se status as een van Suid-Afrika se voorste produsente en as die tuiste van shiraz in die Robertsonvallei.

Zandvliet het platinum vir die Hill of Enon Small Berry Pick 2018, dubbelgoud vir sy Kalkveld 2016 (regs) en dubbelsilwer vir die Zandvliet Shiraz 2016 ontvang.

Vir meer inligting, kontak die landgoed by zandvliet@vanloveren.co.za of besoek www.zandvliet.co.za.

Nie ver hiervandaan nie het Bonnievale Wines ook nie op hom laat wag nie en met ’n dubbel platinum en dubbel silwer weg gestap.

Dis ook nie die eerste keer dat die Bonnievale Limited Release Cabernet Sauvignon 2017, wat ook die lys van top 100-wyne gehaal het, en Limited Release Chardonnay 2019, wat met dubbel silwer beloon is, die vlag vir die wynmakery laat wapper nie.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines se wynreeks, besoek bonnievalewines.co.za.

Uit die Paarl-omgewing kom die nuus dat Fairview ook sy stem dik gemaak het op die kompetisie. Nie net het hierdie landgoed se wyne gepresteer nie, maar sy wingerdbouspan het die eerste plek los geslaan in die kategorie Vineyard Consistency … vir die tweede agtereenvolgende jaar!

Fairview se Eenzaamheid 2016 en La Beryl Blanc 2019 is met dubbel platinum beloon, terwyl die Beacon Shiraz 2016 dubbel goud en die Beryl Back 2018 dubbel silwer ontvang het.

De Krans-privaatkelder in die Klein Karoo, wyd en syd bekend vir sy wêreldklas-portwyne, is vereer met die Grand Cru National Champion Best in Class-toekenning vir sowel sy Cape Vintage Reserve 2017 as sy Touriga Nacional 2018 (links), asook met dubbel platinum-toekennings. Die De Krans Tritonia Red 2017 (Calitzdorp Blend) is beloon met dubbel platinum. Al drie die wyne het ook die top 100-lys gehaal.

Vir meer inligting oor De Krans se reeks bekroonde tafel- en portwyne, besoek www.dekrans.co.za.

Holden Manz in die Franschhoek-vallei se Proprietors’ Red Blend 2015 het ook op die National Wine Challenge/Top 100 SA Wines Challenge gepresteer. Die wyn het nie net dubbel platinum verdien nie, maar ook die top 100-lys gehaal.

Die Proprietors’ Red Blend 2015 is ’n versnit van cabernet sauvignon en syrah.

Vir meer inligting, besoek www.holdenmanz.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>