Wyn en springmielies? Hoekom nie!

Polkadraai se gewilde Wyn-en-Springmieliepasmaats is terug by Stellenbosch Hills. Van Desember tot einde April kan mense hul verlustig aan die vrolike en vriendelike Polkadraai-wyne en verskillende gegeurde springmielies.

Hierdie smaaklike kombinasies word weer eens aangebied deur Stellenbosch Hills en Guzzle & Wolf Gourmet Popcorn:

  • Die Polkadraai Sauvignon Blanc Brut, ’n droër styl wyn met lewendige vrugtegeure en ’n pikante suur. Daar is skeutjies tropiese vrugte met ligte lietsjie-, appelliefie- en groen vye geure met ’n lang, talmende nasmaak. Die Brut word met Guzzle & Wolf se kokosneut-en-chiasaad-springmielies.
  • Die Polkadraai Chenin Blanc/Sauvignon Blanc is op sy heel beste as dit lekker koud is. In jou glas vertoon dit helder met ’n effense groen skynsel. Die reuk laat dink jou aan vars gesnyde gras, terwyl dit ’n ligte tropiese vrugtegeur verklap. Sy springmielie-pasmaat is die gesoute karamel.
  • Die Polkadraai Rosé is van shiraz en in ’n droër styl gemaak. Met jou eerste slukkie herinner dit aan rooibessies en blomblare. Daar is ’n klapsoen soet spanspek en steenvrugte ook te bespeur. Vir hierdie proe, word dit met die unieke kaneel-en-pretzel-springmielies.
  • Die Polkadraai Pinotage/Merlot is net die regte wyn vir jou feeskuiers. Dink bessievrug. Dis die perfekte antwoord vir die donkersjokolade-springmielies.

Daar is ’n goeie rede waarom springmielies met Polkadraai-wyne bedien word. Die “ernstiger” verduideliking verwys na die kronkelpad wat die uiteenlopende wingerde verbind wat in sy wyne gebruik word, maar dit is ook ’n huldeblyk aan alles te make met polka, van die lieflike dans met sy oorsprong in Bohemië tot die modebewuste se speelse polkakol-patroon. Hierdie is goed gebalanseerde sakpaswyne met persoonlikheid!

Polkadraai se Wyn-en-Springmieliepasmaak kos net R55 per persoon. Elke proe duur ongeveer 30 minute. Die proeë word by die wynkelderaangebied, van Maandag tot Vrydag vanaf 9vm tot 5nm en Saterdae vanaf 10vm tot 3nm.

Bespreking is noodsaaklik en kan per epos by info@stellenbosch-hills.co.za gedoen word, of skakel 021 881 3828. Besoek www.stellenbosch-hills.co.za vir meer inligting.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>