Worcester-wynmakers ryg Veritas-medaljes in

Date posted:
October 14, 2009

 

Nie minder nie as 39 medaljes is deur wynmakers van die Worcester-omgewing gewen op die pasafgelope Veritas-kompetisie, die 19de keer dat hierdie gesaghebbende Suid-Afrikaanse wynkompetisie gehou is, en sodoende is weer eens bewys dat hierdie ‘n wynstreek is waarmee rekening gehou moet word, en nie net vir gefortifiseerde wyn nie.

 

Die toekennings sluit twee dubbelgoue, drie goue, 15 silwer en 19 brons medaljes in.

 

Die dubbelgoue Veritas-medaljes is deur Aan de Doorns Kelder vir sy Rooi Muskadel 2008 en die Nuy Wynkelder vir sy Wit Muskadel 1986 gewen, terwyl die drie goue medaljes ingepalm is deur Nuy vir die Wit Muskadel 2005, Aan de Doorns vir die Muscat d’Alexandrie 2008 en Conradie Family Vineyards vir hul Cabernet Sauvignon 2008.

 

Silwer medaljes is toegeken aan Nuy (8), Alvi’s Drift (2), Brandvlei (2), Eagle’s Cliff, Overhex en Stettyn, terwyl brons medaljes gewen is deur Nuy (4), Overhex (8), Aan de Doorns (3), Alvi’s Drift (2), Conradie Family Vineyards en Eagle’s Cliff.

 

Onder die ander wyne wat vir Worcester se wynmakers medaljes gebring het, is Alvi’s Drift se gehoute Chardonnay/Viognier Premium Selection 2008, die ongehoute Overhex Balance Reserve Chardonnay 2009, die gehoute Nuy Chardonnay 2008, die BC Wines Chenin Blanc 2009, die Eagle’s Cliff Shiraz Rosé 2009, Stettyn se Millstone Shiraz Rosé 2009 en die Conradie Family Vineyards Sauvignon Blanc 2009.

 

Altesame 1 728 inskrywings is vir vanjaar se kompetisie ontvang en net 40 dubbelgoue medaljes is toegeken.

 

Einde

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram