Worcester/Breedekloof kondig Wynmaker van die Jaar aan

Botha Kelder se senior wynmaker, Michiel Visser, is aangewys as die Worcester/Breedekloof se Wynmaker van die Jaar vir 2019. Die kompetisie is deur Brenn-O-Kem, wat sedert 1968 spesialiseer in die verwerking van kelderafval soos druiwedoppe, pitte en wynmoer, geborg.

Ander kategorie-wenners is:

Beste Witwyn (geborg deur Wine Machinery Group)

Dit is gewen deur die Cilmor Cellar Sauvignon Blanc 2019

Beste Rooiwyn (geborg deur Porex)

Dit is toegeken aan die Bergsig Oom Prop Cabernet Sauvignon 2015

Die Swarte Piet-trofee, wat toegeken word aan die wynmaker wat die Worcester/Breedkloof die beste verteenwoordig het die afgelope jaar, is toegeken aan Nico Grundling van Slanghoek Kelder vir sy volgehoue prestasies tydens 2019 se wynskoue en kompetisies.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>