Wittes van Paul Cluver Wines wat die winterkoue kiering!

Tradisie sê die winter is ’n tyd vir kaggelvure, gemakskos en rooiwyn. Maar tradisies is nie altyd in graniet vasgelê nie, en “heilige koeie” mag soms begrawe word. Die meeste witwyne keer tradisie egter op sy kop, en begrawe “heilige koeie”, aangesien hulle ewe tuis is in die winter as in die somer. Paul Cluver Wines se Gewürztraminer 2016 (regs onder) en Riesling Dry Encounter 2016 (bo) is gebottelde bewys hiervan en sal enige tyd die winterkoue kiering.

 

Paul Cluver Wines se keldermeester, Andries Burger, sê die “neus” van die Gewürztraminer herrinner hom aan pelargonium, kamferfoelie en jasmynbloeisels wat lei tot ’n prominente speseryagtigheid. Hierdie geure word in die mond voortgesit. Die wyn word elegant gebalanseer deur die verfrissende tussenspel tussen die ressuiker en die suur. Die 2016- Gewürztraminer is ideaal vir die warmer winterdae en kan op sy eie geniet word of saam met seekos, hoender en selfs vegetariese geregte. Dit is by die proelokaal beskikbaar teen R100 per bottel of landwyd by uitgesoekte drankhandelaars.

 

Die Riesling Dry Encounter 2016, wat as ’n effe droë wyn in die Duitse styl beskryf word, is ook by die proelokaal beskikbaar teen R110 per bottel of landwyd by uitgesoekte handelaars. Dit is ’n lewendige wyn met kenmerkende geure van speserye en blomme. In die mond is dit elegant en verfynd, en dit spog met ’n talmende, mineraalagtige nasmaak. Hierdie wyn sal soos ’n handskoen pas by tradisionele kerrie- of enige ander speseryagtige disse. En as speseryagtige disse nie jou voorland is nie, hierdie wyn sal ook perfek pas by soesji, carpaccio en beesvleis-tartare.

 

Moenie dat die gras onder jou voete groei nie, bestel joune nou! Vir meer inligting, besoek www.cluver.com.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>