Wine Tourism Handbook ‘n puik gids tot die wynlande se vele skatte

Date posted:
March 22, 2012

 

Wil jy ontsnap van die eise wat die alledaagse lewe stel, selfs al is dit slegs vir ’n paar uur? Verbeel jou dat jy jouself in die lywige, sensoriese ondervinding dompel wat Suid-Afrika se wynplase jou bied – om die besienswaardighede en klanke van die natuur in te drink, die koel kelderlug op jou vel te voel, die geur van die grond in te asem, en natuurlik sommige van die beste wyne ter wêreld te geniet.

 

Die 2012 Wine Tourism Handbook, ’n unieke gids tot die verkenning van Suid-Afrika se kelders sowel as die baie ander attraksies wat die land se verskeie wynstreke bied, is nou te kry op die rakke van boekwinkels, wynwinkels en wynplase reg oor die land. Daarbenewens is ’n Kindle-aanpasbare weergawe ook beskikbaar gestel om aanlyn afgelaai te word vir die meer tegnologies-gedrewe verbruikers.

 

Die Gourmand-bekroonde publikasie verskaf ’n uitgebreide lys van plase reg oor SA, hul handelsure en wynreekse, sowel as ’n aantal akkommodasie-opsies, restaurant-aanbevelings en ’n lys van opwindende ontspanningsaktiwiteite en top-besienswaardighede. Dit is alles duidelik gemerk op kaarte vir elke gebied om gebruik te vergemaklik.

 

Die 2012-uitgawe spog met ’n skoon, nuwerwetse ontwerp en is gelaai met praktiese inhoud wat jou aan die dink sal sit, soos die maatskaplike en ekonomiese bemagtigingsprojekte wat in die wynbedryf van stapel gestuur word. Dit weerspieël ook die groeiende gevoel van samehorigheid in die wynlande, sowel as die verskuiwing in die mark na ’n groter boeket van aanbiedings. Dit is juis om hierdie rede dat die boek spesiale melding maak van eet-, akkommodasie- en vermaak-opsies op wynplase of langs wynroetes.

 

’n Bykomende kenmerk van vanjaar se handboek is die insluiting van Methode Cap Classique-produsente in die “borrel”-afdeling ten einde liefhebbers van “sjampanje” aan te moedig om wyer te dink en die tallose uitstekende vonkelwyne in die land op die proef te stel.

 

“Ek staan elke jaar verbaas oor die snelle groei in hierdie sektor van die wyntoerismemark,” sê Monika Elias, uitgewer van die Wine Tourism Handbook. “Die groei van aanbiedings by die kelderdeur het die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei.”

 

Die handboek is by al die vernaamste kleinhandel-boekwinkels te koop, insluitend Exclusive Books en Wordsworth, by uitgesoekte Spars, wynplase en wynwinkels.

 

Vir meer inligting oor die allerbeste gids tot Suid-Afrika se wynland-wegbreekopsies, om ’n kopie te bestel, of om die aanlyn-weergawe teen ’n koste van R149,00 af te laai, besoek www.winetourismhandbook.co.za. “Like” ons op Facebook http://www.facebook.com/WineTourismSouthAfrica of volg ons op Twitter @WineTourismSA.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram