Whalehaven se Conservation Coast-reeks vier ongerepte kuslyn

Whalehaven in die Hemel-en-Aarde-vallei buite Hermanus se vlagskipreeks, Conservation Coast, vier die ongerepte kuslyn van die Kaapse Suidkus vanaf Valsbaai tot Kaap Agulhas waar verskeie bewaringsgebiede inheemse fynbos en besoekende seelewe huisves.

Die etiket-ontwerp herinner aan die belangrike invloed van die nabygeleë oseaan aan die terroir, terwyl die skrif Whalehaven se logo van ’n ma-walvis en haar reflekteer.

Die Whalehaven Conservation Coast Chardonnay 2014 (regs) se druiwe is afkomstig van 1,7 hektaar wingerd wat 14 jaar oud is en teen die suidelike hellings van die vallei geleë is. Die druiwe word sorgvuldig in die wingerd uitgesoek en dan heel-tros gepars voor die wynmaakproses begin. Die resultaat is ’n lig goudkleurige wyn met skeutjies botterkaramel en naeltjies in die neus. Die volronde en middelmondsmaak van croissant en baguette ontwikkel in ’n talmende mineraalagtigheid wat ’n verfrissende lemoenbloeiselnasmaak laat. Dit pas perfek by foie gras en seekos.

Die wyn is geen vreemdeling vir pryse nie en die 2014-oesjaar het 92 punte by Tim Atkin verdien in sy South Africa Report 2016. Die 2015-oesjaar het voor sy vrystelling reeds lof ontvang by die VK-gebaseerde Decanter-paneel en 92 punte in Atkins se verslag verdien.

Die Conservation Coast Pinot Noir 2014 (foto heelbo), verouder in Franse eikehoutvate, het ’n rooi rand en diep kersierooi middelpunt. Dit het ’n ligte blommegeur met laventel, rooikersies en witpeper wat in ’n sysagte middelmondsmaak ontwikkel wat herinner aan woudvloer-vrugte en rooibessies.

Die Conservation Coast Pinot Noir het ’n ewe indrukwekkende rekord. Behalwe sy prestasies op die afgelope twee Sommeliers Selection-kompetisies, het dit ook goud by die Concours Mondial 2013, silwer in die Drinks Business Global Pinot Noir-proe 2017 en 89 punte vir die 2015-oesjaar in Tim Atkin se SA Report 2017 verower.

Die volledige Whalehaven Wines-reeks is by die kelder te kry, geleë by die ingang na die Hemel-en-Aarde-vallei. Die Conservation Coast Chardonnay en Pinot Noir 2014 kos R390 elk.

Om ’n privaat proe te reël of vir meer inligting oor die plaas en sy wyne, skakel 028 316 1633 of stuur ’n epos na experience@whalehaven.co.za, of besoek www.whalehaven.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>