Wen 'n eksemplaar van 'fire water: SOUTH AFRICAN BRANDY'

Date posted:
July 20, 2009

As jy ‘n eksemplaar van hierdie gesogte boek ter waarde van R330,60 wil wen, stuur net ‘n epos aan bacchus@planeetwyn.co.za met “Fire Water” in die onderwerpkolom.

 

Hierdie koffietafelboek verskaf ‘n verfrissende nuwe weergawe van hoe brandewyn gemaak en geniet word in ons land. Craig Fraser se asemrowende fotos en Wendy Toerien se besondere skryfstyl vertel ‘n wonderlike verhaal oor Suid-Afrikaanse brandewyn wat verduidelik hoe hierdie gehalteproduk gemaak en hoe dit op die beste manier geniet kan word.

 

“fire water: SOUTH AFRICAN BRANDY” verken ook Suid-Afrika se brandewynkultuur deur na die verskillende streke, gebiede, kelders en die verskillende druiwesoorte wat vir die maak van brandewyn gebruik word, te kyk. Die leser word op ‘n toer geneem na die verskillende produsente, wat wissel van die land se grootste en belangrikste distilleerders tot die kleinste, eksklusiewe Landgoed-brandewynproduseerders.

 

Die boek verduidelik ook die ingewikkelde vaardigheid en vakmanskap wat nodig is, asook die kuns agter die maak van brandewyn. Dit beskryf ook die verskillende tipe brandewyn in Suid-Afrika.

 

‘n Verbruikersvriendelike gids oor hoe om brandewyn te geniet, is ook ingesluit. Vyf van Suid Afrika se top-sjefs - Margot Janse, Peter Goffe-Wood, Frank Dangereux, Reuben Riffel en Nic van Wyk – se beste brandewynresepte word verskaf.

 

Die mengelkunstenaars, Liquidchefs, het klassieke brandewynskemerkelkies vir die boek gekies en eietydse brandewyndrankies ontwikkel.

 

einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram