Twee plaaslike wynprodusente het weer eens die kollig laat val op die hoë gehalte van Suid-Afrikaanse wyn.
Die Welgegund Heritage Wines Old Vine Cinsault 2019 (bo), gemaak van druiwe uit droëland-bosstokke wat 48 jaar oud is, is met ’n goue medalje vereer (95 punte) op vanjaar se Decanter World Wine Awards (DWWA).
Welgegund se Heritage Wines Cinsault 2019 is slegs op die landgoed of deur die aanlynwinkel beskikbaar teen R375 per bottel.
Op sy beurt is Tokara se Director’s Reserve White 2018 (regs) ingesluit in die 50 Great White Wines of the World 2022, die enigste Suid-Afrikaanse produsent om hierdie eer te beur te val. Die wyn het 94 uit ’n moontlike 100 punte aangeteken.
Die Tokara Reserve Collection White 2018 is by die kelder beskikbaar teen R320 per bottel, of aanlyn.
EINDE