Wat is ‘wynlyf’ en hoe proe mens dit?

“Wynlyf” word gedefinieer deur hoe “swaar” en “ryk” ’n wyn smaak. Dis ’n kombinasie van verskeie faktore, naamlik kultivar, alkoholvlak en selfs soetheid.

As jy op soek is na nuwe gunstelinge, is “wynlyf” ’n goeie manier om te onderskei tussen kultivars en jou gunsteling-styl te vind. Kom ons kyk na die verskillende “lyfstyle” met ’n paar voorbeelde sodat jy meer kan vind waarvan jy hou.

Hoe om die “lyf” van ’n wyn uit te ken

Dis maklik om die verskil tussen volroom-melk en vetvrye melk te proe danksy die vet-inhoud van die volroommelk. Die volheid van ’n wyn se “lyf” is egter nie so maklik om uit te ken nie want dit behels verskeie faktore.

Gelukkig is daar ’n paar leidrade op die bottel:

  • Alkoholvlak: Wyne met ’n alkoholvlak van bo 14% proe meer volrond.
  • Kultivar: Sekere kultivars produseer meer volronde wyne (sien hieronder).
  • Houtveroudering: Baie soos Bourbon, proe wyne wat in nuwerige houtvate verouder is dikwels meer volrond. Wynprodusente noem dikwels op die agterste etiket as die wyn in hout verouder is.
  • Tipe Klimaat: As ’n algemene reël produseer druiwe wat in ’n warmer klimaat verbou word ryker, meer volronde wyne (dit hang natuurlik van die wynmaker af!).
  • Oorblywende Suiker (ressuiker): Ongegiste suikers in ’n wyn versterk die “lyf” sonder om die soetheid te verhoog. Ongelukkig word dit selde op ’n wyn-etiket genoem.

Kultivar versus “Wynlyf”

Sommige kultivars is bekend daarvoor dat hulle wyne voortbring wat netjies in ’n “wynlyftipe” pas. Hier is ’n paar voorbeelde.

Ligte Rooiwyne

  • Pinot Noir
  • Cinsault
  • Gamay
  • Frappato

In die algemeen het ligte rooiwyne gemiddelde alkoholvlakke, laer tanniene en minder kleur. Hulle smaak ook dikwels soepel en glad danksy die laer tanniene (byvoorbeeld minder vrank). As hulle ook nog uit areas met ’n koeler klimaat kom, proe hulle soms “skerp” of “speseryagtig” danksy ’n hoër suur.

Medium Rooiwyne

  • Sangiovese
  • Cabernet Franc
  • Carménère
  • Grenache

Die koswyne! Die verskil tussen medium en volronde wyne het baie met alkohol en suur te doen. Ons is geneig om wyne met hoër suur as ligter te ervaar en daarom pas kultivars met meer natuurlike suur gemaklik in die medium-kategorie.

Hierbenewens skuif baie wyne in hierdie kategorie in as gevolg van die manier waarop hulle gemaak word. Byvoorbeeld, ’n merlot met laer alkohol (onder 14%) en minder houtbehandeling kan ook as medium geklassifiseer word.

Volronde Rooiwyne

  • Malbec
  • Shiraz/Syrah
  • Cabernet Sauvignon
  • Petit Sirah
  • Tannat

Die skemerkelkiewyne! Volronde rooiwyne smaak so ryk dat hulle op hul eie kan staan. Maar wat maak dat hulle so “groot” smaak? Wel, al daai tanniene, hoër alkohol en laer suur lei tot tot ’n “swaarder” smaak.

Hierbenewens voeg veroudering in eikehoutvate nie net eikehoutgeure soos vanielje, seder en bakspeserye by die wyn nie, maar versag ook die geure.

Vir die bleeksiele, daar’s ook ’n smaaklose bestanddeel bekend as gliserol wat natuurlik voorkom in gistende druiwe wat die persepsie van “wynlyf” verhoog.

Wat van Witwyne?

Dieselfde reëls wat op rooiwyne van toepassing is, geld ook vir witwyne. Byvoorbeeld, die hoofrede hoekom chardonnay as ’n volronde witwyn beskou word, is houtveroudering.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>