Wat die kleur van rooiwyn vertel

Daar is ’n hele paar fassinerende en interessante dinge wat mens kan leer deur net na die kleur van wyn te kyk.

Kom ons begin by rooiwyn. Waar kom die rooi kleur vandaan? Wel, dit kom van ’n pigment genaamd antosianien. Hierdie pigment is teenwoordig in baie ander vrugte, insluitende pruime, bloubessies en kersies. Mens kry dit ook in blomme soos orgideë en krismisrose. Die pigment in rooiwyn kom vanaf die druiwedoppe. Deur die doppe in die sap te week, word antosianien vrygestel en dit vlek letterlik die wyn. Verskillende rooi kultivars produseer verskillende vlakke en uitdrukkings van hierdie groep pigmentsamestellings wat die wetenskap daaragter baie kompleks maak.

Gelukkig is daar ’n paar eenvoudige waarnemings wat mens kan maak.

Wat vertel die kleur?

Wanneer mens na rooiwyn onder natuurlike lig en voor ’n wit agtergrond kyk, sal mens ’n taamlik akkurate indruk van sy kleur kry. Dit mag miskien moeilik wees om dit onmiddellik te sien, maar jong rooiwyne (onder 5 jaar) se kleur wissel van rooi tot pers tot blou. Mens kan die kleur sien wanneer daar na die rand van die wyn in die glas gekyk word.

  • Wyne met ’n rooier kleur het ’n laer pH (hoë suur).
  • Wyne met ’n pers kleur wissel tussen ongeveer 3.4–3.6 pH (gemiddeld).
  • Wyne met ’n blouer kleur (byna purperrooi) is hoër as 3.6 pH en moontlik nader aan 4 (lae suur).

Natuurlik druk elke rooiwyndruifkultivar kleur effens anders uit en daar is baie veranderlikes wat die kleur kan beïnvloed (veranderlikes soos mede-pigmentasie, swaelbyvoeging, ens.), maar bogenoemde is oor die algemeen korrek.

Voorbeelde
  • Malbec:’n Donker rooi wyn wat dikwels ’n blou skynsel op die rand in die glas vertoon wanneer dit in ’n sagter, sappiger styl gemaak word.
  • Sangiovese:’n Ligter rooi wyn (dikwels deurskynend) met ’n speseryagtige karakter wat gedeeltelik aan hoë suur toegeskryf kan word en wat mens kan sien in sy helder rooi kleur.

Wat verklap die intensiteit?

Die intensiteit van die kleur kan waargeneem word met die wyn se ondeursigtigheid. Rooiwyne wat baie ondeursigtig is, het meer pigmente en fenole as meer deursigtige rooiwyne. Byvoorbeeld, syrah het soveel as 4 keer meer pigmentasie (anti-oksidante) as zinfandel.

Daar is ’n paar eienskappe wat mens kan waarneem wat oor die algemeen waar is wanneer dit kom by kleur-intensiteit:

  • Verskillende kultivars het verskillende vlakke van intensiteit. Byvoorbeeld, gamay het baie lae en pinotage het uitsonderlike hoë vlakke van pigmentasie.
  • Kleur-intensiteit kan verhoog word deur ander polifenole (byv. tanniene) in wyn. Wyne wat dus meer ondeursigtig is, kan ook hoër vlakke van tanniene hê.
  • Die pigmente in rooiwyn is sensitief vir sowel temperatuur as sulfate. Wyne wat teen hoë temperature gis of wat groter swaeltoevoegings het, sal minder kleur-intensiteit hê.
  • Wyne verloor pigmentasie soos hulle verouder. Soveel as 85% van die antosianien is verlore na 5 jaar.

Volgende keer as jy in jou wynglas tuur, probeer die wyn se kleur en intensiteit identifiseer, en kyk of die wyn se eienskappe sy voorkoms weerspieël.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>