Vul jou lewe met vrolikheid met Bonnievale Wines se River Collection Cinsault Rosé 2021

“Rosé is vir ontspan en uitspan. Dit bied ekstra vrolikheid aan die lente en somer. Vir die Franse is dit ’n ‘vakansiewyn’.”

Vier die somer – en sommer die lewe – met Bonnievale Wines se River Collection Cinsault Rosé 2021, ’n vriendelike en veelsydige wyn vir alle geleenthede. 

Nie alleenlik het die wyn tydens verlede jaar se Michelangelo International Wine & Spirits Competition goud gewen nie, maar in Augustus het die 2021-oesjaar weer so gemaak en teruggekeer na die podium om dubbelgoud in te palm tydens vanjaar se Rosé Rocks-kompetisie.

Dié toekenning behoort geen verrassing te wees nie want die River Collection Cinsault Rosé 2021 is suiwer en stylvolle genot – bindend en droog, en dit word gemaak in die tradisionele styl wat in Provence in Suid-Frankryk gebruik word.  Die wyn is lig, aromaties en verfrissend.

Die River Collection Cinsault Rosé 2021 is puik op sy eie, verkil, maar komplementeer ook seekos en vars tuinslaai, asook ligte kerriedisse.

Die Bonnievale Wines The River Collection Cinsault Rosé 2021 kos slegs R61 per bottel en kan direk by die aanlynwinkel bestel word – www.bonnievalewines.co.za.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines, besoek hul webtuiste, skakel 023 616 2795 of stuur ’n epos aan tastings@bonnievalewines.co.za.

Deel jou lente- en somer-oomblikke met met Bonnievale Wines op Twitter @bonnievalewines; Instagram, met bonnievalewines; en Facebook (https://www.facebook.com/bonnievalewines/).

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>