Villion, Viljoensdrift se vlagskip-vonkelwyn, is ‘n huldeblyk aan hul Franse Hugenoot-voorvader, Francois Villion, en gedenk die Viljoen-familie se trotse wynmaak-erfenis wat oor vyf geslagte strek. Dié elegante Méthode Cap Classique Brut het vanjaar ‘n goue Veritas-medalje verower, skitter met ‘n 2011- Platter-vierstergradering en ‘n silwer medalje by die 2012- Amorim Cap Classique Challenge.
Slegs uitgesoekte chardonnay-druiwe, afkomstig van ‘n 15 jaar oue blok geanker in die vrugbare riviergrond aan die oewer van die Breërivier tussen Robertson en Bonnievale, is gebruik vir die nie-oesjaar- blanc de blancs MCC.
In die kelder is die druiwe (wat teen 18° Balling gepluk is) afgekoel tot 1° Celsius en koud gepars. Slegs die eerste 500 liter sap is gebruik. Koue gisting het teen 14° Celsius plaasgevind. Die wyn het na gisting vir nege maande op die gismoer verouder waartydens appelmelksuurgisting plaasgevind het.
Na ‘n periode van drie jaar in die bottel is die resultaat ‘n droë MCC met finesse en onderbeklemtoonde kompleksiteit wat kenmerkend is van goeie blanc de blancs. Villion is goudkleurig in die glas, met ‘n delikate, talmende mousse, kanferfoelie-geure en ‘n tikkie romerigheid. Dis kraakvars en verfrissend op die tong en ideaal as ‘n aperitief, verwelkomingsdrankie, die perfekte pasmaat vir oesters, seekos of nagereg, overgeset synde, dis geskik vir enige geleentheid.
Viljoensdrift skryf hulle sukses toe aan die gehalte van hul spanwerk van die wingerd tot die kelder en hul diepe vasberadenheid om in harmonie met die natuur te werk en leef. Die Viljoen-broers Fred (wynmaker) en Manie (wingerdboukundige) vorm ‘n gedugte span as dit kom by omgewingsvriendelike boerderypraktyke. Hulle is verbind tot die beginsels van die Biodiversiteit- en Wyn-inisiatief (BWI), asook tot die Geïntegreerde Produksie van Wyn-skema (IPW) met volhoubare wynproduksie as mikpunt.
Viljoensdrift Villion MCC is teen R75 by die kelder of aanlyn beskikbaar. Vir meer inligting oor Viljoensdrift se wenwyne, bootritte of pieknieks, besoek www.viljoensdrift.co.za of bly op hoogte van die jongste nuus en gebeure op Facebook.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast