Vier ‘winterwyne’ saam met Franschhoek Vignerons

Die winter is hier … en die ander goeie nuus is dat Franschhoek #OpenForWinter is! Kierang die koue by die bekende en gewilde Franschhoek-motormuseum op L’Ormarins tydens die Franschhoek-winterwynfees. Hierdie gunsteling-samekoms vir familie en vriende vind op Saterdag, 16 Junie, tussen 11vm en 4nm plaas.

 

Die museum se terrein is die ideale plek om met Franschhoek Vignerons se wynmakers skouer te skuur en hul rooiwyne te proe. Onder die deelnemende wynmakerye is Topiary, Black Elephant Vintners, Holden Manz, La Bri, Rickety Bridge, Haute Cabrière en Anthonij Rupert Wyne.

 

Maar dis nie net die vallei se puik wyne wat die tonge aan die gons sal sit nie. Die sjefs van Terra del Capo sal alles in die stryd werp om met disse vorendag te kom wat die wyne perfek sal komplementeer, disse soos salsiccia-worsies met gesmoorde cannellini-boontjies, tuisgemaakte aartappelsop met ietsie ekstra vir afronding, en arancini met wilde sampioene bedien met truffel-aioli. Aangesien geen ete perfek is sonder iets soets aan die einde nie, sal ’n keur van mini-koekies en ander soetighede die perfekte “kersie op die koek” wees.

‘n Voorsmakie van wat op die petrolkoppe wag!

En asof puik kos en wyn nie reeds genoeg is om die winterkoue hok te slaan nie, sal gaste die kans kry om ’n ogie te gooi oor sommige van die beste veteraan- en weelderige motors wat in die motormuseum uitgestal word. Die Franschhoek-motormuseum het voertuie wat mens meer as ’n 100 jaar terugvat in die geskiedenis. Dis ’n opwindende en eklektiese versameling van motors, motorfietse, fietse en ander motorverwante gedenkwaardighede in die prentjiemooi omgewing van die L’Ormarins-wynlandgoed. Die veteraanmotors sluit ’n 1903- Ford en ’n 1935- Rolls Royce in, asook meer moderne weelde-motors soos ’n 2002- Ferrari en ’n 2003- Mercedes Benz CLK DTM AMG.

 

Lewende musiek sal sorg dat hierdag spesiale dag in die Franschhoek-wynvallei nie sommer gou vergeet sal word nie.

 

Kaartjies vir Franschhoek se Winterwynfees is by www.webtickets.co.za beskikbaar teen R280 per persoon. Dit sluit ’n komplimentêre wynglas, ’n proe van al die wyne op die fees, ’n R20-koepon wat op die dag gebruik moet word en toegang tot die motormuseum in. Bespreking is noodsaaklik aangesien kaartjies beperk is.

 

Vir meer inligting, skakel 021 876 2861 of stuur ’n epos aan info@franschhoek.org.za.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>