Vier jou erfenis by Stellenbosch Hills in September

In September draai alles om herkoms, en vanjaar neem Stellenbosch Hills jou terug na joune met ’n heerlike nuwe proe om die uiteenlopende Suid-Afrikaanse erfenis te vier.

Die land vier Erfenisdag tradisioneel op 24 September, maar Stellenbosch Hills sal die hele maand trots die hartsnoere roer. Dié wynkelder is bekend vir sy onkonvensionele kos-en-wynproeë, en gedurende September dis dit ’n unieke, local is lekker-fees op saam met bekroonde wyne.

Stellenbosch Hills se Erfenis-kos-en-wynproe is in samewerking met die Private Hotel School in Stellenbosch saamgestel en sluit ’n hele gros gunstelinge vir net R75 per persoon in.

Eerste aan die beurt is die 1707 Reserve White 2018, ’n wyn wat dubbelgoud ingepalm het by die National Wine Challenge/Top 100 South African Wines-kompetisie. Hierdie elegante, volronde wyn skitter met geure van steenvrugte, heuning, vars sitrus en vanielje-eike-speserye. In die mond is dit elegant, ryk en vol tekstuur en word dit gebalanseer deur borrelende sitrus en ’n vars suur. Dit word in perfekte harmonie met die Kaaps-Maleise pekelvis en ’n sny bros, knoffelgegeurde bruschetta bedien.

Dan volg die volgende groot meneer, die 1707 Reserve Red 2015, wat onder meer ’n goue medalje van Veritas 2017 in sy “vertoonkas” het. Die wyn is volrond en soomloos en bars met geure van donker bessievrugte, sjokolade en ’n skeutjie swartpeper en sigaarboks in die neus. Die is goed gebalanseerd met sappige, tog ferm tanniene. Elke slukkie eindig met ’n lang talmende nasmaak. Hierdie kampioen skitter behoorlik met boerewors-geïnspireerde frikkadelle wat op ’n heerlike, tuisgemaakte tamatie-blatjang bedien word.

Die kersie op die koek vir hierdie proe is die nimlike Stellenbosch Hills Muscat de Hambourg 2018, die 30ste herdenkingsoesjaar van hierdie veelsydige gunsteling. Dit ontplof met geure van spookasem, gekookte lekkers, roosblare en viooltjies in die neus. In die mond is dit elegant en pragtig gebalanseerd met wonderlike lengte en kompleksiteit. Sy metgesel is die ewe geliefde staatmaker, lemoen-malvapoeding wat drup van die rooibostee-gegeurde crème anglaise.

Stellenbosch Hills se Erfenis-kos-en-wynproe word by die kelder se proelokaal aangebied en is van Maandag tot Vrydag van 9vm tot 5nm en Saterdae van 10vm tot 3nm beskikbaar.

Voorafbespreking is noodsaaklik. Om te bespreek, skakel 021 881 3828/9 of stuur ’n epos na info@stellenbosch-hills.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>