Vier die somer met ’n hemelse slaai … en Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018!

Somer en witwyn het sinoniem geword met lekker tye, en die bekendstelling van die Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018 gaan beslis daartoe bydra dat wynliefhebbers die komende somer meer geniet, veral as mens in ag neem hoeveel mense somer ook sinoniem gemaak het met slaai.

As jy jouself in die kombuis kan handhaaf, hoekom probeer jy nie om hierdie heerlike tamatie- en wasabi mascarpone-slaai met dennepitte te maak wat deur die bekende sjefs Craig Cormack en Beau du Toit van SALT @ Paul Cluver geskep is nie. Die geure van die slaai en die Sauvignon Blanc sorg vir ’n hemelse, kulinêre ervaring!

Bestanddele:

250g mascarpone
1 eetlepel wasabi-pasta
10g uiegras, fyn gekap
10g dragon, fyn gekap
1 sprietui (20g), in dun skywe gesny
2 “piesang”-salotuie (100g), dun gesny in ringe
2 teelepels asyn
1 teelepel olyfolie
1kg gemengde tamaties, 1cm duk gesny in ’n mengsel van skywe en wiggies
20g dennepitte, gerooster
5g gemengde balsemblare (gewoon, pers en mikro-balsem) of net gewone basilikum vir garnering
Growwe seesout en swart peper

Metode:

Voeg die mascarpone, wasabi, uiegras, dragon en sprietui bymekaar in ’n bak met ’n halwe teelepel sout en gemaalde swart peper na smaak. Meng deeglik en hou in die yskas tot gereed om te gebruik.

Plaas die salotuie in ’n afsonderlike bak met die asyn, olyfolie en ’n halwe teelepel sout. Meng deeglik en hou in die yskas tot gereed vir gebruik.

Om te bedien, smeer eweveel mascarpone in ’n dun laag op elke bord. Plaas die tamaties bo-op gevolg deur die gepiekelde salotuie. Sprinkel die dennepitte oor, dan die balsemblare. Skeur die groter blare in kleiner stukkies. Gooi ’n derde van ’n teelepel sout en swart peper na smaak oor elkeen en bedien.

Die tamaties in hierdie resep is die “helde”, sluit dus soveel tipes as moontlik in, van rooi en groen tot geel, en van baba tot kersie. Hulle lyk ook goed op die bord as hulle nie eenvormig gesny is nie. Halveer die kleiner tamaties en sny die groteres in snye en wiggies.

Mens kan al die bestanddele vooraf gereed kry, van die wasabi en die kruiegevulde mascarpone tot die gepiekelde salotuie, en van die gekapte tamaties tot die geroosterde dennepitte. Hou alles net eenkant en voeg alles bymekaar voor opdiening.

Die Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018 is in die landgoed se proelokaal beskikbaar teen R110 per bottel, of by uitgesoekte kleinhandelaars.

Vir meer inligting, besoek www.cluver.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>