As jy nog nie Van Loveren se Perlé de Jean geniet het nie, het jy beslis ’n “stasie” op jou wynreis van ontdekking gemis! Draai onmiddellik om en gaan kuier bietjie daar!
Van Loveren se Perlé de Jean is ’n heerlike, verfrissende pinot grigio-rosé waarvan die jongste oesjaar nou beskikbaar is. Hierdie salmpienk wyn is nie net pure genot op sy eie nie, maar ’n groot gunsteling wanneer seekos op die spyskaart is. Dit is perfek met garnale, of hulle nou oor die kole op ’n stokkie gebraai, gemarineer, speseryagtig of gekerrie is, of in pasta bedien word.
Die wyn bekoor met aromas van vars, ryp rooibessies; sitrusskil en spanspek. Elke slukkie is ’n sagte somerkus wat soos ’n veerligte golfie piepklein, pêrelagtige borrels op jou tong land.
Van Loveren se Perlé de Jean Pinot Grigio is by Checkers, Makro, Food Lover’s Market en uitgesoekte Spar- en Tops@Spar-takke beskikbaar, en kos sowat R69-99 per bottel.
Krakerige Koning-Garnale en Paprika-Aioli
Bestanddele
1½ koppie Panko-broodkrummels
2 groot eierwitte
1 eetlepel melk
¼ koppie gewone meelblom
2 teelepels knoffelpoeier
Sout en peper na smaak
700g ongekookte koning-garnale, uit die dop en aar verwyder
Olyfolie
Paprika-aioli:
2 teelepels gerookte paprika
2 eetlepels botter
2 knoffelhuisies, fyn gesny
1 koppie van die beste mayonnaise
Verhit die botter in ’n pan, voeg die knoffel en paprika by en braai oor lae hitte vir 2 minute. Laat effens afkoel en roer die mengsel in die mayonnaise.
Metode
’n Lekker bykos vir hierdie dis is krakerige aartappelskyfies … of sommer net tradisionele slaptjips!
Geniet hierdie garnaalfees met Van Loveren se jongste Perlé de Jean … en “let the good times roll”!
EINDE