Versny jou eie wyn op Middelvlei!

Wynproeë en kos-en-wynpasmaak het alledaagse ervarings by wynprodusente geword. Op Middelvlei aan die buitewyke van Stellenbosch is die wyn-ervaring ‘n stappie verder gevat met ’n tradisionele – en baie gewilde – “boerebraai”.

Hierdie bekende wynlandgoed, tans in die ervare en bekwame hande van die derde geslag Mombergs, vat die wyn-ervaring nou nóg ’n stappie verder met hul opwindende “wynversny-ervaring” waartydens besoekers hul eie versnitte kan skep.

Wynliefhebbers kan nou, vir ’n dag, deel word van Middelvei se wynmaakspan en hul eie wyn versny en huistoe vat. Teen ’n koste van R180 per persoon sal elkeen drie komponente kry om hul eie versnitte te skep. Middelvlei se “wynversny-ervaring” is ’n aktiwiteit vir twee mense, wat beteken dis ideaal vir paartjies en vriende wat uitsien na opwinding en ’n pretdag in die wynlande. Vir groter groepe sal die Middelvlei-wynmaakspan die gaste in groepe verdeel wat met mekaar sal meeding om te sien wie die beste versnit van die dag skep.

Middelvlei se “wynversny-ervaring” sluit ’n keldertoer en ’n wynproe in wat gaste nie net dieper insae in die kuns van wynmaak sal bied nie, maar hulle ook sal help met die skep van hul eie versnitte.

Aangesien wynmaak mens se aptyt aanwakker, sal gaste se hongerpyne na die tyd gestil word deur varsgebakte potbrood bedien met tuisgemaakte snoekpatee. Dis by die prys ingesluit.

Die “wynversny-ervaring” is weeksdae beskikbaar tussen 11vm en 3nm. Voorafbespreking is noodsaaklik. Om te bespreek, en vir meer inligting, skakel 021 883 2565 of stuur ’n epos aan info@middelvlei.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>