Verfrissende Fleur du Cap Natural Light is die ‘gesellige somerwyn’

Date posted:
August 5, 2011

Skop die komende somer af met Fleur Du Cap Natural Light, die ligte, verfrissende en gesondheidsvriendelike wyn. Met sy laer alkoholvlak van slegs 9.6% is dit die perfekte keuse vir lang, soel somerdae.

 

Die 2011-oesjaar wat pas bekend gestel is, is ‘n effe droë, kraakvars en verfrissende versnit van 90% chenin blanc en 10% sauvignon blanc met aanloklike bloeiselaromas en ‘n effense koejawelgeur.

Fleur du Cap Natural Light skep ‘n luilekker atmosfeer en kommervrye somer. Gee jouself oor aan die lekker dinge in die lewe op ‘n meer verantwoordelike manier met hierdie smaakvolle, ligte wyn.

Fleur du Cap Natural Light is ideaal vir enige sosiale geleentheid as ‘n kommervrye drankie, veral welkom in daardie tye wanneer jy jou gewig dophou of wanneer jy die verantwoordlikhede van mawees en vrouwees wil uitleef. Die indrukwekkende geure maak hierdie wyn dié buitelugkeuse vir die komende somer. Dit werk ook wondere met ‘n verskeidenheid slaaie en ligte pastageregte.

Die nuwe Fleur du Cap Natural Light 2011 is ‘n staatmakerdrankie – perfek enige tyd of enige plek. Pak dit in vir ‘n gesellige piekniek, ‘n rustige opelug-middagete, ‘n egte Suid-Afrikaanse braai of as ‘n groetglas voor ‘n uitspattige geleentheid.

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram