Verfrissende Fleur du Cap Natural Light die ideale lente- en somerwyn

Date posted:
August 3, 2012

Lente is die perfekte tyd vir ’n verkwikkende, gesondheidsvriendelike wyn. En natuurlik, so is die somer. Met ‘n laer alkoholvlak van slegs 9.33% en heerlike vrugtegeure is die Fleur Du Cap Natural Light die ideale metgesel vir verfrissende lente-uitstappies.

 

Die 2012-oesjaar van hierdie wyn wat pas bekend gestel is, is ‘n effe droë, kraakvars en verfrissende versnit van 83% chenin blanc en 17% sauvignon blanc met aanloklike blom- en tropiese geure met 'n titseltjie groen soetrissie.

Fleur du Cap se Natural Light 2012 skep ‘n luilekker atmosfeer vir ‘n kommervrye lente en somer wat die lekker dinge in die lewe op verantwoordelike wyse vier. Dit pas in by enige sosiale geleentheid, veral as jy jou gewig dophou of wanneer jy as ma en vrou ‘n verantwoordelike keuse wil uitoefen.

Met indrukwekkende geure is hierdie wyn dié buitelugkeuse vir die komende seisoene. Dit verrig ook wondere saam met verskeie slaaie en ligte pastageregte.

Die nuwe Fleur du Cap Natural Light 2012 is ‘n staatmakerdrankie vir enige tyd of plek. Pak dit in vir ‘n gesellige piekniek, ’n rustige opelugmiddagete, ‘n eg Suid-Afrikaanse braai of as ’n verwelkomingsdrankie by ‘n swierige geleentheid.

Fleur du Cap se 2012- Natural Light is beskikbaar teen ongeveer R37 per bottel by alle toonaangewende drankwinkels. Vir meer besonderhede, besoek gerus www.fleurducap.co.za, fleurducap.tumblr.com of sluit aan by Fleur du Cap se Facebook-groep.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram