Van Loveren voeg rooi en rosé by sy Almost Zero-reeks

Van Loveren Family Wines se Almost Zero het Suid-Afrika aan die gons. Nou sprei dié wynagtige drankie met bykans geen alkohol sy vlerke nog wyer met die toevoeging van Ravishing Rosé en Radiant Red tot die bestaande en gewilde Wonderful White.

Ravishing Rosé vertoon salmpienk in die glas en bied alomteenwoordige Turkish Delight-geure. Geniet dit as ’n gesonder aperitif of met Oosterse disse, nageregte en pizza. Sy maat, Radiant Red, is vruggedrewe rooiwyn met skeutjies ryp moerbei wat baie prominent op die tong uitstaan. Dis ook ’n lekker aperitif óf die ideale pasmaat vir pasta, vleisdisse en pizza.

Ravishing Rosé (regs) en Radiant Red (onder links) sluit aan by die Wonderful White met sy delikate appel-, sitrus- en tropiese vrugtegeure, en ’n vars talmende nasmaak wat laat verlede jaar onder luide applous bekend gestel is. Dis heerlik op sy eie of saam met slaai, soesji en somerkos.

“Almost Zero is aan die voorpunt van verbruikers se leefstylverandering en veral die groeiende neiging van fiksheid-gefokusde lewens wat die lae alkohol of alkoholvrye produkte se ontwikkeling aanspoor,” sê Van Loveren se HUB, Phillip Retief. “Dit spreek tot die spesifieke behoefte om ’n nie-alkoholiese drankie te geniet wat steeds ’n baie beduidende wynkarakter het.”

Almost Zero lyk en proe soos wyn, maar het minder as 0,4% alkohol. Jy sal 38 glase Almost Zero moet drink voor jy dieselfde hoeveelheid alkohol inneem as een glas wyn!

Die bykans algehele afwesigheid van alkohol in die reeks beteken dit kan volgens wet nie wyn genoem word nie, maar hierdie “gede-alkoholiseerde” wonder begin wel sy lewe as wyn. Die wyn word dun versprei oor staalkegels sodat die alkohol kan verdamp. Die hoë presisie verseker dat die onmiskenbare wynvoorkoms, -kleur en -geur agterbly. Behalwe dat die alkohol bykans heeltemal verwyder is, is Almost Zero die gesonder keuse … met dieselfde heerlike smaak.

Elke glas het ook 75% minder kilojoules as gewone wyn wat jou toelaat om ’n glas “wyn” geniet wat jou hart letterlik goed sal doen. Dit beteken dat ‘n hele bottel Almost Zero dieselfde kilojoules as slegs een glas gewone wyn bevat.

Boonop is daar slegs 2.2g/100g suiker en 4.2g/100g koolhidrate in elke bottel. Tien glase Almost Zero bevat dieselfde hoeveelheid suiker as een glas kommersiële lemoensap.

Almost Zero is banting-vriendelik en die ideale alternatief as jy minder wil drink, of heeltemal wil ophou. Dis perfek vir sake-middagetes, sport-entoesiaste en geheelonthouers.

Vind Almost Zero landswyd by kettingswinkels soos Pick ‘n Pay, Makro, Spar, Checkers en Ultra Liquors. Die voorgestelde kleinhandelprys is slegs R69.99.

Vir meer inligting oor Almost Zero, kontak Van Loveren by 023 615 1505 of besoek www.vanloveren.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>