Van Loveren vier 40 jaar van wynmaak met ’n nuwe, verfynde voorkoms

Veertig jaar na die Retief-broers Wynand en Hennie, die bekende Van Loveren-handelsmerk gevestig het, is die etiket, fokus en voorkoms blink gepoleer met die oog op ’n nog helderder toekoms vir dié voortreflike reeks wyne.

Die “verjaarsdag” word gedenk met die bekendstelling van die Van Loveren-erfenisreeks se aantreklike nuwe verpakking. Die wyne is reeds vier dekades lank baie gewild onder geslagte Suid-Afrikaners. Die nuwe etikette huldig, met ’n subtiele moderne gedaante, die landgoed se geskiedenis.

Die nuwe verpakking en voorkoms is geïnspireer deur die talle stories van Van Loveren. Die treffende grafiek op die etiket kom van die uitnodiging na die troue van Hennie Retief senior met Jean van Zyl. Hulle het die oorspronklike plaas in 1937 aangekoop en na een van haar voorgeslagte, Christina van Loveren, herdoop.

Daardie datum in die ontwerp is nie net ’n saluut aan die verlede nie, maar ’n herinnering van Van Loveren Family Vineyards se toegewyding aan vernuwing en vooruitgang.

Die wyne van die Van Loveren Family Vineyards strek oor ’n wye reeks, van vonkel- en gefortifiseerde wyn tot wit en rooi, en van enkelkultivarwyne tot versnitte. Bo-aan die reeks is Christina’s Trousseau en die Retief Reserve-etikette, terwyl gemaklike wyne soos Tangle Tree en die alkoholvrye Almost Zero die reeks afrond.

Van Loveren-wyne is wyd beskikbaar by alle vooraanstaande handelaars en wynwinkels, asook aanlyn by www.vanloveren.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>