Van Loveren sit stryd teen renosterstropery voort met jongste Rhino Run-wyne

Van Loveren Family Cellar sit sy bydrae tot natuurbewaring in Suid-Afrika voort met die bekendstelling van die jongste oesjaar van sy Rhino Run-wyne. Hierdie reeks wyne van gehalte vier die manjifieke renoster en die pogings wat aangewend word om hierdie spesie van uitwissing te red.

“Die benarde posisie van die renoster is alombekend, en dit word net erger by die dag,” sê Van Loveren se HUB, Phillip Retief. “Dit het reeds miljoene mense regoor die wêreld aangespoor om te help om die plaag van stropery te beveg. As ’n wynprodusent wat verbind is tot die bewaring van ons natuurlike erfenis, deur sowel verantwoordelike boerderypraktyke en ander inisiatiewe, is Van Loveren lank reeds betrokke by bewaring, en dit word deur Rhino Run voort gesit.”

Van Loveren se wingerde is geleë in die bekende Robertson-wynvallei en reeds sedert 1937 in die besit van die Retief-familie. Die landgoed, sowel binnelands as buitelands bekend vir sy handelsmerke soos Christina van Loveren en Four Cousins, is bekend as produsent van bekroonde wyne wat sowel volgehoue gehalte as waarde vir geld verteenwoordig.

Die Rhino Run-reeks bestaan uit vyf wyne:

  • Die Rhino Run Chardonnay 2016 is ’n lig gehoute wyn, medium in “gewig”, wat geskep is om die wit renoster te huldig. Dit het geure van nartjie en pomelo wat in die mond talm. Dis ideaal met romerige pastadisse, geroosterde vark, kalfsvleis, risotto, pangebraaide tongvis, kabeljou, kreef, garnale, romerige kaas en hoendergeregte.
  • Die Rhino Run Chenin Blanc 2018 bring ook hude aan die wit renoster. Dit bied geure van perske en blomme wat in die mond talm en is die ideale maat vir gekruide mossels, geroosterde hoender of vark, seekos en selfs soesji.
  • Die Rhino Run Ian Player 2016 is ’n versnit van cabernet sauvignon en merlot. Dit is geskep met minimale inmenging om elke kultivar in staat te stel om sy eie karaktertrekke uit te druk. Die gevolg is ’n wyn met ryk amandel-, pruim- en kruisement-aromas in die neus en ryp bessie-, cassis– en rooi-aalbessiegeure in die mond. Versigtige houtbehandeling verseker ’n sagte, roosteragtige einde.
  • Die Rhino Run Cabernet Sauvignon 2015 bied geure van ryp bessies, cassis en rooi-aalbessies in die mond. Houtveroudering bring ’n sagte, roosteragtige einde na die wyn. Geniet hierdie wyn met ryk vleisdisse, vark en wildsvleis.
  • Die Rhino Run Pinotage 2015 het ’n komplekse neus van piesang, cassis en aarbei wat uitloop in lae vrugtegeure, vanielje en speserye in die mond. Dis die ideale pasmaat vir rooivleisdisse, ryk stowegeregte, kerries en gerookte kosse.

Die Rhino Run-reeks sluit by Van Loveren se uitmuntende portefeulje aan en is beskikbaar landwyd by die meeste drankwinkels. Die witwyne kos sowat R60 per bottel, terwyl die rooies ongeveer R71 per bottel kos.

’n Versamelaarswyn wat in beperkte volumes gemaak word, The Last One Shiraz 2013, is ook deel van die reeks. Wat hierdie wyn uitsonderlik maak, is die feit dat slegs 1 215 bottels daarvan gemaak is – en dit kos R1 215 elk. Die syfer 1 215 is veelseggend aangesien dit die getal renosters is wat in 2014 gestroop is. Die wyn is met die hand gebottel, met was verseël en die etikette is met die hand aangebring. Die etiket bevat die handtekening van die keldermeester, Bussell Retief. Die wyn word aangebied in ’n spesiale renostergeïnspireerde boks en is sonder twyfel ’n versamelaarsitem.

Die The Last One Shiraz 2013 is gemaak van handgeplukte druiwe uit ’n enkele wingerd en Bussell beskryf dit as “top gehalte, volrond met geure van peper, ryp bessies, parfuum en speserye”.

Besoek www.royalrhino.co.za of skakel 023 615 1505 vir meer inligting. Bly op hoogte met die wynreeks via Twitter @Royal_Rhino.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>