Van Loveren Christina Pinotage Trousseau 2017 – die epitomee van Suid-Afrika se ryk erfenis

Pinotage is so eg Suid-Afrikaans soos … wel, sonskyn, braaivleis en biltong, en een van die land se mees ikoniese “erflatings”. Van Loveren Family Vineyards by Robertson bring met hul Christina Pinotage Trousseau 2017 nie net hulde aan Suid-Afrika se ryk erfenis nie, maar ook aan die familie-matriarg, Christina van Loveren, wat in 1699 in die Kaap die Goeie Hoop aangekom het.

Die Van Loveren-wingerde is sedert 1937 in die hande van die Retief-familie toe Hennie Retief Sr die grond in die Robertson-vallei gekoop en die plaas se naam verander het om die familiegeskiedenis te weerspieël. Christina van Loveren word onthou as ’n merkwaardige vrou wat met die eerste Van Zyl getroud is wat in Suid-Afrika aangeland het. Hennie Sr se vrou, Jean, was toevallig ’n nooi Van Zyl. Die plaasonderneming het gebloei en vandag is Van Loveren bekend vir sommige van die land se mees herkenbare wyne.

Van Loveren se vooruitgang is gebaseer op ’n deeglike bewustheid van erfenis. Christina se bruidsuitset (beter bekend as ’n trousseau) is van geslag tot geslag oorgedra en steeds op die plaas, en dit dien as een van die vernaamste herrinneringe aan die belangrikheid van erflating. Die Christina Pinotage Trousseau 2017, wat deel uitmaak van Van Loveren se premie- Heritage Collection, dien ook as een.

Die druiwe vir hierdie wyn kom van ’n spesifieke blok pinotage op die Buitensorg-plaas. Die wyn stel komplekse aromas van braambessies, subtiele Kerskoekspeserye en donker sjokolade in die neus vry wat pragtig in die mond gekomplementeer word deur geure van heerlike ryp pruime, vye, damaspruim, braambessies en elegante vanieljespeserye. Die wyn talm lank en dekadent in die mond. Hierdie Pinotage kan maklik nog vir agt of meer jare verouder onder die ideale bergingstoestande.

Geniet die Christina Pinotage Trousseau 2017 op sy eie of saam met ’n ander Suid-Afrikaanse ikoon, bobotie. Dit sal ook puik werk met rooivleisgeregte en selfs kerrie.

Die Christina Pinotage Trousseau 2017 is slegs by die proelokaal beskikbaar of aanlyn by Van Loveren se wynwinkel en kos R250 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.vanloveren.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>