Unieke wyn-emporium toegewy aan Stellenbosch-wyne open

Liefhebbers van Stellenbosch-wyne regoor die wêreld kan nou die beste van hierdie gevierde wynstreek koop, alles op een plek, aanlyn en teen proelokaalpryse. Die Simon Wyn Emporium, in samewerking met Stellenbosch Wynroetes, is eksklusief toegewy aan die etikette van Wyn van Oorsprong Stellenbosch, wat dit die eerste in sy soort in Suid-Afrika maak.

Die aanlynwyn-emporium bied tans 145 top wyne van nie minder nie as 73 lede van die Stellenbosch Wynroetes. ’n Kundige komitee het die portefeulje noukeurig saamgestel om die die streek se wyne en kultivars ten beste te vertoon. Wynliefhebbers wat aanlyn bestel, sal dieselfde pryse as by die landgoedere se proelokale betaal en aflewering geskied direk vanaf die wynplase.

Die wyne wat te koop aangebied word, verteenwoordig al vyf sub-roetes van die Stellenbosch-wynstreek, naamlik Groter Simonsberg, Stellenboschberg, Stellenbosch-vallei, Helderberg en Bottelary-heuwels. Noukeurige proenotas is vir elke wyn saamgestel, asook inligting oor die wynlandgoedere en onderskeie kultivars én hulp met gepaste kosmaats.

Die lys sluit onder meer die kultivars Sauvignon Blanc, Chenin Blanc, Chardonnay, Cabernet Sauvignon, Pinotage en Shiraz in, asook rooi versnitte. Dit bevat ook die “ou wingerd”-wyne wat deur die Old Vine Project verteenwoordig word, sowel as ’n versameling van die streek se ikoniese wyne.

Vir wyn-entoesiaste wat ’n spesifieke kultivar verkies maar verskillende wynlandgoedere se aanbiedinge wil vergelyk, het die paneel ’n boks van ses wyne van die sub-roetes van die Stellenbosse wynlande saamgestel. Dis in drie kategorieë beskikbaar, naamlik ontspanne vir elke dag se genot, premie en waarlik uitmuntend. Kopers kan ook hul eie sesbottelboks uit die Simon Wyn Emporium-portefeulje saamstel wat uit ’n spesifieke kultivar uit die vyf sub-roetes, óf ’n mengsel van verskillende wynlandgoedere, bestaan en teen geen ekstra koste nie.

Daar is ook wyne op spesiale aanbieding teen pryse wat spesiaal tussen die Simon Wyn Emporium-span en die onderskeie wynmakers beding is. Hierdie wyne is vir ’n beperkte tyd beskikbaar teen selfs laer pryse as by die proelokale. 

Bo en behalwe die uitgebreide Simon Wyn Emporium-portefeulje is daar ook skaars, ouer wyne op die lys wat meestal onbekombaar is. Hierdie uitmuntende wyne kom gewoonlik direk van die wynmakers se kelders en is eksklusief aan Simon Wyne Emporium-kliënte beskikbaar.

Plaaslike wynliefhebbers wat van die wonderlike wyne wat te koop is, wil proe, kan die tuiste van die Simon Wyn Emporium in die historiese De Warenmarkt in Stellenbosch besoek. Daar is proeë volgens kultivars en temas gegroepeer en sommeliers is byderhand om inligting te gee of digitale proenotas te verskaf.

Boonop sal proeë in die wynmakers se eie kelders aangebied word. De Warenmarkt sal voortgaan om hul gewilde kos-en-wyn-pasmaats aan te bied. Gaste wat by hierdie geleenthede wyne wil koop, sal gehelp word om hul bestellings aanlyn te plaas,- steeds teen kelderpryse.

Die emporium se ligging, op die hoek van Van Ryneveld- en Van Riebeeckstrate in Stellenbosch is ook betekenisvol. Die Simon in die naam is ’n ode aan die dorp se stigter, Simon van der Stel, terwyl die 18de eeuse gebou wat die emporium se tuiste is op die kruising van Stellenbosch se polsende kulturele distrik lê. De Warenmarkt is al geruime tyd die dorp se gunsteling-eetplek en oesterkroeg, en nou is dit ook die vertoonvenster vir wyne van die Stellenbosch-streek.

Die program vir proeë en ander geleenthede sal aanlyn by www.simonwineemporium.co.za en op die Stellenbosch Wynroetes Facebook bladsy geadverteer word.

Die Simon Wyn Emporium by De Warenmarkt is van Maandag tot Saterdag van 11:00 tot 18:00 en Sondag van 11:00 tot 15:00 oop. Deel jou besoek aan die emporium en haak @stellwineroute op Facebook, Twitter en Instagram.

Besoek www.simonwineemporium.co.za of kontak Stellenbosch Wynroetes by 021 886 4310 vir meer inligting.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>