Die gewilde Stellenbosse landgoed, Neethlingshof, het pas sy eerste wyn van die 2011-oesjaar bekend gestel, ’n heerlik verfrissende sauvignon blanc wat smeek om oopgemaak en geniet te word saam met smaakvolle herfsdisse.
Die wynmaker, De Wet Viljoen, oordryf nie wanneer hy sê al die beloftes van tropiese vrugte, groenvye en varsgesnyde gras in die neus word deurgedra na die mond waar dit vars en lewendig proe nie.
Draai die skroefdop af en van die eerste reukie sal jy op die geurige roete van klip en dennebome geneem word wat na die hart van Neethlingshof se pragtige plaas lei. Hier vertel uilpale en eilande fynbos tussen die wingerde jou dat hierdie wynmakery volhoubaarheid en die beskerming van sy groot biodiversiteit baie ernstig opneem.
Kombineer die wyn met salm, garnale, hoender, eend of kwartel, of geniet op sy eie. Dis ’n ware smaaksensasie en beskikbaar by uitgesoekte handelaars teen sowat R45 per bottel.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast