’n Interessante verskynsel doen hom tans onder wynliefhebbers voor, sê Brad Gold, ’n Kaapse Wynmeester en ook Two Oceans se globale handelsmerkbestuurder. “Dit lyk asof die wêreldwye kredietkrisis mense met ’n sterk betrokkenheid by wyn bevry het van hul vooroordele oor wat ’n mens behoort te drink of nie. Two Oceans was nog altyd gewild, met ’n breë aanhang onder mense wat ’n ongekompliseerde maar heerlike glas wyn geniet, maar ons kom nou agter dat al meer ernstige wynliefhebbers ook Two Oceans drink.
“Natuurlik help dit as die handelsmerk hoë punte by hoog gerekende wynkenners kry. Eers was daar die A-plus-tellings in Robert Parker se Wine Advocate, en onlangs nóg internasionale lof. Die soeke na egte waarde lok verbruikers op alle vlakke van betrokkenheid by wyn na die handelsmerk.”
Volgens Gold is die styging in verkope van Two Oceans ondanks die ekonomiese afswaai ’n wêreldwye verskynsel. “Selfs in lande wat die hardste deur die ekonomiese resessie getref is, soos die VSA, die VK, Duitsland en Skandinawië, het ons sterk verkope ervaar. Verkope styg terselfdertyd ook elders, soos in lande aan die Pasifiese Kom, in Australasië en in dele van Afrika.
“Daar is ? toenemende neiging onder verbruikers om hul geld meer oordeelkundig te bestee. Mense koop ons wyne met vertroue wanneer hulle agterkom die wyne is nie net baie toeganklik wat waarde en styl betref nie, maar dat hulle ook deur kenners hoog geag word. Dit geld veral ná die onlangse hand vol silwermedaljes wat die handelsmerk by die Decanter World Wine Awards in die VK en by die Beverage Tasting Institute in Chicago verwerf het. In albei gevalle is inskrywings blind geproe.
“In die Decanter-kompetisie het ons 2008- Pinot Noir en die 2008- Shiraz albei silwer verower. In Chicago was dit weer eens die 2008- Shiraz wat benewens die 2008- Cabernet Sauvignon/Merlot en die 2008- Chardonnay silwer huis toe gebring het. Die Shiraz en die 2008- Sauvignon Blanc het ook aanbevelings van kritici in Philadelphia en Wisconsin ontvang.”
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast