Two Oceans vloei al hoe sterker oor die wêreld heen

Date posted:
July 23, 2012

Two Oceans, wat in byna 100 lande verkoop en stewige groei van 'n gevestigde basis in sy drie vernaamste markte toon, tel nou ook Finland as een van sy top-bestemmings.

 

Finse verkoopsvolumes staan nou op byna dieselfde vlak as dié van Swede, saam met Kanada en Suid-Afrika een van die handelsmerk se drie grootste markte. Two Oceans is al geruime tyd een van die topverkopers in Swede terwyl dit is die grootste Suid-Afrikaanse handelsmerk in Kanada is.

 

Two Oceans maak terselfdertyd goeie vordering in 'n aantal ander ontwikkelde en ontluikende markte waar verbruikers hoë waardering toon vir die uitstekende waarde wat die handelsmerk bied. Welslae by internasionale kompetisies bevestig voorts dat kritici ook beïndruk word. Verlede jaar het Two Oceans vier silwer medaljes by die International Wine & Spirit Competition losgeslaan waar baie van sy mededingers wyne was wat tot drie keer meer kos, het Jackie Olivier, die globale bemarkingswoordvoerder, gesê.

 

Sy het gesê Two Oceans brei sy teenwoordigheid in baie markte bestendig uit. “’n Jaar gelede het ons in 80 lande verkoop. Danksy ’n wêreldwye vraag na egte waarde, is daardie getal nou byna 100.”

 

Die handelsmerk verkoop volgens haar baie goed in uiteenlopende markte, van Nieu-Seeland, waar die Woolworths-ketting dit op sy rakke het, tot die Verenigde Arabiese Emirate, Hongkong en China. In China verskyn die wyn op die aankooplyste van die kleinhandelaars Carrefour en Tesco, asook Metro, en op die wynlyste van die Starwood- en Sofitel-hotelkettings.

 

“Die toenemende vraag deur Chinese verbruikers na mediumpryswyne is 'n bemoedigende tendens,” het Olivier gesê..

 

“In die VSA verskyn ons nie net op die wynlys van die Four Seasons-verblyfketting nie, maar staan ons ook op die rakke van 'n groeiende getal toonaangewende kleinhandelaars, onder meer op dié van Krogers, die land se grootste tradisionele kruideniersketting, en Food Lion, ’n groot ketting in die suid-ooste en middel-Atlantiese deel van die land.”

 

In Nederland word Two Oceans verkoop in Jumbo, ’n supermarkketting wat in dié land baie sterk groei. In Afrika is Nigerië nou een van die grootste bestemmings vir die handelsmerk. Dié land het tans die naasgrootste ekonomie in Afrika, en na raming sal sy BBP tot 2016 met 11,8% toeneem.

 

“Omdat ons wêreldwyd handel dryf, is ons in ’n baie goeie posisie om te baat by geleenthede waar ons hulle ook al kry, en kan ons bewustheid van die handelsmerk verhoog in areas waar wynverbruik na verwagting sal toeneem.”

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram