Two Oceans-Wyne het die gewilde koskenner, Justine Drake, gevra om ’n eenvoudige maar liplekker-gereg met so ’n sweempie brandrissie uit te dink om die vrugtige en blommegeure van die nuwe oesjaar van die Pinot Grigio uit te lig.
Die wyn, helder met groen skynsels, stel homself bekend met subtiele aromas van blomme, sweempies lietsjie en gedroogde vrugte wat lei tot ’n vrugtige, sappige mondgevoel wat dit die ideale pasmaat maak vir enige gereg wat speserygeure ten toon stel.
Two Oceans Pinot Grigio is wyd beskikbaar en kos sowat R30 per bottel. Justine stel dit as pasmaat voor vir Italiaanse en ander Mediterreense disse.
Hierdie SASSI-vriendelike visgereg is ’n puik manier om familie en vriende mee te onthaal en benodig net ’n paar stappe.
GEBAKTE VISFILETTE MET GROEN SALSA
Bestanddele
VIS
8 visfilette, vel aan die een kant behou (SASSI se groengekodeerde vis soos geelstert, geboerde kabeljou, stokvis of knorhaan)
GROEN SALSA-MARINADE
2 knoffelhuisies
1 brandrissie
Sap en skil van 1 suurlemoen
’n Groot handvol platblaar-pietersielie
’n Handvol basiliekruid
Sout en gemaalde peper
¼ koppie (60 ml) olyfolie
Metode
Voorverhit oond tot 180°C
Meng marinade-bestanddele in ’n vermenger en sit eenkant
Plaas vis in ’n plat bak en smeer met marinade
Laat vir 30 minute marineer indien tyd dit toelaat
Bak vir 10 minute of totdat dit deurgekook is
Bedien op bruin of wilde rys saam met vars tamatie- en rooiuieslaai
Bedien 4
OM TE DRINK: Two Oceans Pinot Grigio
Vir meer heerlike seekosresepte gepaar met Two Oceans-wyne, besoek www.twooceanswines.co.za of www.facebook.com/twooceanswines. Vir meer inligting oor WWF SASSI, besoek www.wwf.org.za/sassi of die mobi-blad (wwfsassi.mobi).
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast