TWO OCEANS BRING TWEE NUWE WYNE NA DIE MARK

Date posted:
October 2, 2009

Two Oceans het pas twee nuwe kultivarwyne gevoeg by sy reeks wat steeds in gewildheid toeneem. Hulle is 'n pinot noir, wat teen sowat R28 in die kleinhandel verkoop, en 'n pinot grigio, wat sowat R26 kos. Die gewildheid van albei hierdie variëteite het die laaste paar jaar internasionaal sterk toegeneem.

 

Die 2008- Two Oceans Pinot Noir, wat reeds met welslae in die buiteland verkoop word, het vanjaar reeds twee silwermedaljes verwerf – op die Decanter World Wine Awards in Londen en by die Beverage Tasting Institute in Chicago.

 

Pinot noir was skielik op almal se lippe ná die film Sideways in 2004 en het sedertdien hierdie gewildheid wêreldwyd gehandhaaf. Dit is die kultivar wat tans in Kalifornië die meeste aangeplant word.

 

Links: Two Oceans se sprankelnuwe Pinot Grigio, gemaak om geniet en waardeer te word! 

 

Die 2009- Two Oceans Pinot Grigio debuteer in Suid-Afrika en word bekend gestel danksy die snel groeiende gewildheid van hierdie kultivar.  Pinot grigio, vir jare reeds 'n gunsteling in Amerika, is nou ná chardonnay die gewildste wit kultivar in die VK.

 

Brad Gold, Two Oceans se handelsmerkbestuurder, het gesê albei wyne is vars, goed gebalanseer en uiters toeganklik. Hulle pas ook uitstekend by kos, veral eenvoudiger hedendaagse geregte, van pizzas en pastas tot Oosters geïnspireerde geregte. 

 

Regs: Die nuwe Two Oceans Pinot Noir gaan jy smaakkliere terg en terg totdat jy jouself heeltemal oorgee aan hom!

 

“In die geval van die pinot noir kom die belofte van moerbei-, kersie- en spesery-aromas duidelik deur op die verhemelte. Dit is ryp en sappig. Die pinot grigio bied effense blomgeure op die neus, terwyl daar op die tong suggesties van perske, appelkoos en lietsjie is. Die pinot noir is ook baie veelsydig en gaan goed saam met rooi en wit vleis, en selfs nagereg. Die pinot grigio, op sy beurt, is 'n uitstekende pasmaat vir seekos en ook vir effens gekruide geregte.”

 

Gold het gesê die rede waarom die pryse van Two Oceans so redelik gehou kan word, is omdat elkeen van die wyne in die wingerd beplan word waar die wingerdboukundige praktyke aangepas word by die styl en uiteindelike pryspunt van die wyn. Die Two Oceans-span het toegang tot 'n ononderbroke voorraad druiwe van topwingerde versprei oor 'n groot area sodat gehalte en styl konstant gehou kan word. 

 

“Die wingerdboukundiges werk ten nouste saam met die wynmaakspan om te verseker dat topgehalte-druiwe van 'n toepaslike geurprofiel vir die maak van goed gebalanseerde, verfrissende en gemaklik drinkbare wyne beskikbaar is. Hulle skenk byvoorbeeld spesiale aandag aan 'n opleistelsel wat ontwerp is om optimale druifgehalte en -opbrengs te verseker.”

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram