Twee Fransmanne kies hul top Suid-Afrikaanse wyne

Ek word gereeld gevra om wyn aan te beveel, iets waarvan ek nie juis hou nie aangesien smaak baie persoonlik en subjektief is. En ek’s geen wynkenner nie, net ‘n passievolle wynliefhebber. Sulke tye vertel ek mense graag wat oom Ronnie Melck van Muratie-faam se antwoord dekades gelede was op die vraag van ‘n dom student: “Wat’s die beste wyn?” Hy’t gesê: “Die beste wyn is die een waarvan jy die meeste hou, ongeag handelsmerk, toekennings of prys. Laat jou tong jou lei.”

Vandag is daar uiteraard ’n baie groter verskeidenheid wyne en uiteenlopende wynstyle om uit te kies, maar die beginsel bly vir my dieselfde. Wynkompetisies speel wel ’n rol, maar vir my gaan hulle meer oor gehalte en nie noodwendig oor smaak nie. Ek het sowel goedkoop as duur wyne in my ou “keldertjie” en dikwels geniet ek die “goedkopes” meer as die duures.

En wees asseblief tog versigtig vir “wynkenners”. ’n Ware wynkenner sal homself nooit op die skouer klop of sy eie beuel blaas nie.

Ek het onlangs vir die eerste keer van die Gilbert & Gaillard-groep gehoor. Die groep is in 1989 deur twee Franse vriende gestig, François Gilbert en Phillipe Gaillard. Hulle spits hulle toe op die bemarking van gehaltewyne. In 1991 het die manne die redakteurs van ’n kwartaallikse tydskrif geword wat oor wyn en spiritus handel en in 19 lande oor die wêreld versprei word.

Deel van hul portefeulje is ’n internasionale wyn-uitdaging waarin daar jaarliks meer as 10 000 wyne deur ’n Franse paneel geproe en beoordeel word. Brons, silwer en goue medaljes word dan aan die wyne toegeken.

Die volgende Suid-Afrikaanse wyne het 90 punte of meer in die eerste proe van die jaar ontvang. Die wyne is ingedeel volgens die streek waar die druiwe vandaan kom.

Net so terloops, hieronder verskyn ’n hele paar handelsmerke wat òf onbekend òf minder bekend vir baie wynliefhebbers gaan wees, wat maar net weer eens daarop dui dat Suid-Afrika oor ongelooflike talent in sowel die wingerd as die kelder beskik, en dat baie van hulle dikwels nie die erkenning ontvang wat hulle verdien nie.

Darling

Withington Wines Roan Ranger Grenache Blend 2018

Elgin

Eikendal Sauvignon Blanc 2019

Elgin Vintners Chardonnay 2019

Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2019

Vrede en Lust Artisan Range Blanc Fume 2018

Lothian Vineyards Horny Owl Sauvignon Blanc 2019

Tokara Reserve Collection Sauvignon Blanc 2019

Franschhoek

La Couronne Chardonnay 2019

La Couronne Jacques Mouton Antoinette Cardonnay 2019

La Couronne Jacques Mouton Antoinette Red Blend 2018

Holden Manz Chenin Blanc 2019

Holden Manz Visionaire 2018

Chamonix Chardonnay 2018

Chamonix Troika 2017

Lutzville

Cape Diamond Wines Vintales Sea Breeze Sauvignon Blanc 2018

Cape Diamond Wines Lutzville Shiraz Rosé 2019

Cape Diamond Wines Lutzville Chenin Blanc 2019

Paarl

Avondale Samsara Syrah 2010

Avondale Camissa Rosé 2019

Avondale Jonty’s Ducks Pekin Red 2015

Lievland Grenache 2018

Ridgeback African Amber 2015

Ridgeback Cabernet Franc 2016

Ridgeback Merlot 2016

Ridgeback Cabernet Sauvignon 2016

Under OaksMalbec 2017

Under Oaks Petite Syrah 2017

Under Oaks Sauvignon Blanc 2019

Niel Joubert Christine Mari MCC 2015

Paarl- Voor Paardeberg

Doran Vineyards Roussanne 2018

Doran Vineyards Grenache Blanc 2018

Robertson – Agterkliphoogte

De Wetshof Finesse Chardonnay 2019

Stellenbosch

Delheim Grand Reserve 2015

Idiom Bordeaux Blend 2014

L’Avenir Provenance Chenin Blanc 2019

Lievland Cabernet Sauvignon 2018

Aaldering Florence Winemaker’s Selection 2018

Tokara Reserve Collection Syrah 2016

Swartland – Malmesbury

Porcupine Ridge Shiraz 2019

Walkerbaai – Botrivier

Wildekrans Cape Blend Barrel Select Reserve 2016

Wildekrans Chenin Blanc Barrel Select Reserve 2018

Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2016

Walkerbaai – Hoër Hemel-en-Aarde

Whalehaven Conservation Coast Pinot Noir 2017

Wes-Kaap

Botha Kelder Amyah Chenin Blanc 2018

Botha Kelder Amyah Chardonnay 2018

Du Toitskloof Cabernet Sauvignon 2016

Du Toitskloof Quest Chenin Blanc

Du Toitskloof Quest MCC Rosé

Du Toitskloof Quest Heroes Journey 2016

Du Toitskloof Dimension Red 2017

Du Toitskloof Land’s End Syrah 2015

Laibach The Ladybird White Organic 2019

Lievland Cabernet Sauvignon 2018

MAN Family Wines Syrah 2018

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>