Truffels en wyn … vir die ware fynproewer!

Truffels, die fynkos wat wêreldwyd bekend staan as “swart goud”, is dikwels die onderwerp van bespreking, nie net vir hul skaarsheid en hoë pryse nie, maar ook vir die wonderlike wyse waarop hulle die geure van vele disse verhoog. En hierdie fynkos werk ewe goed met sowel rooi- as witwyn.

Anthonij Rupert Wyne in Franschhoek is die eerste wynlandgoed in Suid-Afrika wat Perigord-truffels verbou en produseer. Hierdie buitengewone truffels word geproduseer op Anthonij Rupert Wyne se Altima-plaas naby Villiersdorp waar die koel klimaatstoestande ideaal is vir die verbouing van hierdie skaars lekkernye. Die wortels van eikebome is ingeënt met truffelspore en in September 2010 geplant. Die “truffeljagter” (ook bekend as ’n trufelau) Hanene van Dyk, wat haar “vakmanskap” in Piedmont in Italië geleer het, werk ten nouste saam met haar spesiaal opgeleide Lagotto Romagnolo-honde om die gesogte lekkernye te “jag”.

Kosliefhebbers is in 2019 bederf met ’n eksklusiewe truffel-ervaring wat ’n viergang-truffelgeïnspireerde middagete ingesluit het. Vir die meer ernstige truffelkenner was daar egter ook ’n opsie om Altima te besoek.

Die huidige inperking het egter ’n tydelike einde gebring aan die “truffeljag” en dis te betwyfel of daar vanjaar enige toere of middagetes aangebied sal word. Terwyl die toere en middagetes tydelik stop gesit is, gaan die “jag” egter steeds voort en is Hanene en haar honde hard aan die werk om hierdie hemelse fynkos op te spoor en uit te grawe.

Die kulinêre span van die Anthonij Rupert-wynlandgoed in die Franschhoek-vallei gaan ook voort om die veelgesogte truffelsout, truffelbotter en truffel-salami te maak, terwyl daar ook gewerk word aan verdere produkontwikkeling wat later vanjaar op die landgoed beskikbaar sal wees.

Vir meer inligting, stuur gerus ’n epos aan tasting@rupertwines.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>