Top vyf wyne in eerste ‘Best Value Shiraz Tastings’ bekend gemaak

’n Paneel van drie beoordelaars het die beste shiraz-wyne tussen R60 en R120 bekend gemaak. Die beoordelaars – Joanne Gibson, Ndaba Dube en Trizanne Barnard – het die inskrywings “blind” geproe vir die heel eerste Best Value Shiraz Tasting van Winemag.co.za, en punte is volgens die 100-punteskaal toegeken.

Shiraz is ietwat van ’n verkleurmannetjiekultivar, lui ’n verklaring, en is in staat om wyne te maak wat lig en  vars is (selfs eenvoudig) tot wyne wat ryk en ryp is (selfs klewerig).

“Produsente beweer dikwels dat hul gebruik van die woord syrah daarop dui dat die wyne in ’n meer elegante Rhône-styl gemaak is eerder as die fris, volronde styl waarvoor Australiese wyne van hierdie kultivar bekend is, maar dis beslis nie altyd die geval nie. Oor die algemeen bevind Suid-Afrikaanse shiraz hom iewers tusen die twee uiterstes.”

Van Darling tot Devonvallei en van Tulbagh tot Worcester is die Kaap se wynlande deeglik verteenwoordig. Dit was geen verrassing nie dat die top shiraz uit die Swartland kom, die tuiste van meer as ’n vyfde van die land se shiraz-aanplantings.

Die top vyf #BestValue in hierdie pryskategorie is:

Lammershoek The Innocent Syrah 2017

Stellenrust Shiraz 2017

Bruce Jack Shiraz 2018

Guardian Peak Shiraz 2018

Robertson Winery Shiraz 2018

Lees die volledige artikel, insluitende sleutelbevindings, proenotas vir die top vyf wyne en die puntetellings.

Sluit by die gesprek aan en volg al die aksie op Twitter by #BestValue

EINDE

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>