Top vyf wyne in eerste ‘Best Value Chenin Blanc Tastings 2019’ bekend gemaak

Suid-Afrikaanse chenin blanc is beslis besig om sy stem dik te maak in ’n baie mededingende wynmark. Die beste voorbeelde van hierdie “werkperd-na-skouperd”-kultivar in die pryskategorie R60 tot R120 is pas deur Winemag.co.za bekend gemaak. Die inskrywings is “blind” geproe deur ’n paneel van drie beoordelaars en punte is volgens die 100-punteskaal toegeken.

“Hierdie ‘aspoestertjie’ het van ’n vervelige, betroubare werkperd ontwikkel in ’n ernstige aanspraakmaker in die wêreld van puik wyn,” lui ’n verklaring. “Aan die ander kant van die spektrum was bekostigbare chenin blanc nog nooit in ’n beter posisie nie, en dis duidelik dat mense daarvan hou.”

Ken Forrester, ’n stigter en voorsitter van die Chenin Blanc-assosiasie, het onlangs hieroor gesê: “Verlede jaar was dit die enigste witwynkultivar wat groei in uitvoere getoon het, met ’n jaar-tot-jaar-toename van 5% in volume, wat deel uitmaak van ’n langtermynpatroon. Uitvoere het sedert die begin van die eeu feitlik ononderbroke gegroei. Tussen 2010 en 2018 het die volumes met 19% toegeneem, en tuis is die storie dieselfde. Verlede jaar het die volumes met 45% gegroei.”

Daar is nie ’n beter tyd as nou om die wêreld van chenin blanc te ontdek en verken nie!

Die top vyf #BestValue-wyne in genoemde pryskategorie is:

Kleine Zalze Vineyard Selection Chenin Blanc 2018

Rudi Schultz Skeleton Bay Chenin Blanc 2018

Tierhoek Chenin Blanc 2017

Alvi’s Drift Signature Chenin Blanac 2019

Wildeberg & Kompanjie Wild House Chenin Blanc 2018

Lees die volledige artikel, insluitende sleutelbevindings, proenotas vir die top vyf en die puntetoekennings. Sluit by die gesprek aan en volg die aksie op Twitter by #BestValue

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>