Tokara wen beste ‘New World Bordeaux’-versnit in globale kompetisie

Tokara aan die buitewyke van Stellenbosch het koning gekraai in vanjaar se Global Fine Wine Challenge deur die trofee vir die beste New World Bordeaux-versnit en dubbelgoud vir sy Cabernet Sauvignon in te palm.

Die hoog aangeskrewe Tokara Director’s Reserve Red 2018 (foto bo) het met die louere weg geloop in die klas vir Bordeaux-versnitte, terwyl die landgoed se Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2018 (regs onder) met dubbelgoud beloon is. Albei wyne het ook uitgeblink met 5-stergraderings in die jongste Platter-wyngids.

Die Six Nations Global Fine Wine Challenge, ’n nuwe weergawe van die oorspronklike Tri-Nations Challenge wat 18 jaar gelede gestig is, is die enigste kompetisie uitsluitlik gewy aan die beste wyne uit die sogenaamde Nuwe Wêreld wat uit die VSA, Kanada, Chile, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika bestaan. Inskrywings word uitgenooi en vanjaar is nie minder nie as vyf Tokara-wyne ingesluit in die Top 100-wyne uit Suid-Afrika wat uitgenooi is.

Net so terloops, Tokara het ook vanjaar 5-stertoekennings vir vyf van sy wyne in die Platter-wyngids ontvang, ’n pluimpie vir die wynmaker, Stuart Botha.

Sedert sy eerste bekendstelling in 2003 het die Director’s Reserve Red in statuur gegroei as ’n Bordeaux-styl versnit van wêreldgehalte uit die Stellenbosch-streek, terwyl die Reserve Collection Cabernet Sauvignon ’n ware uitdrukking is van Tokara se geloofde wingerdblokke teen die hange van die Simonsberg.

Vir aanlynverkope, besoek www.tokara.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>