Tokara se jongste wyne ‘beweeg berge’

Tokara se jongste wynbekendstellings laat val die kollig op cabernet sauvignon en sauvignon blanc.

Hierdie Stellenbosse wynlandgoed se nuwe mantra van “We make wine that moves mountains” weerspieël hul hernude fokus op hierdie twee kultivars en die feit dat hulle dit as die grondslag beskou om die verbeelding van besoekers van regoor die wêreld aan te gryp met uitsonderlike wyne, wyne wat ’n duidelike skakel het met die asemrowende omgewing waarin hulle geskep word.

Die cabernet sauvignon-gedrewe vlagskip, die Tokara Director’s Reserve Red, het in aansien gegroei sedert sy eerste oesjaar in 2003 en die nuwe 2019-oesjaarwyn is geen uitsondering nie. Die cabernet sauvignon word ondersteun deur petit verdot, merlot en cabernet franc.

Die Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon 2019 is nóg ’n klassieke uitdrukking van Stellenbosch se cabernet sauvignon.

Dan is daar die Tokara Reserve Collection Syrah 2018, ’n puik voorbeeld van ’n klassieke wyn wat die ou en nuwe wêreld se beste elemente byeen bring.

Die landgoed se vlagskip-witwyn, die Tokara Director’s Reserve White 2018, verteenwoordig alles waarvoor die landgoed staan – verfyndheid, elegansie en balans. Dis ’n versnit van sauvignon blanc en semillon.

Die Tokara Reserve Collection Elgin Sauvignon Blanc 2021 is nóg ’n apploustrekker uit die landgoed se Elgin-wingerde.

Laaste maar beslis nie die minste nie is die Tokara XO Potstill Brandy, een van 5 vyfsterwenners vir Tokara in die 2022- Platter-wyngids.

Besoek www.tokara.com vir meer inligting en aanlyn-aankope.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>