Tokara se dubbelgoudwenner vier 50 jaar van Cap Classique

Die bekende en bekroonde Tokara-landgoed buite Stellenbosch vier die 50ste bestaansjaar van Cap Classique met sy 2013 blancs de blancs wat dubbelgoud in Frankryk los geslaan het. Hierdie uitmuntende sjampanje het nie minder nie as 93 uit ’n moontlike 100 punte verdien op die jongste Gilbert & Gaillard International Challenge wat jaarliks deur een van Frankryk se mees vooraanstaande wyngidse aangebied word.

Die derde aanbieding van hierdie Méthode Cap Classique is uitsluitlik van Tokara se chardonnay-druiwe uit sy “koelklimaatwingerd” by Elgin geskep. Die uitsonderlike diepte van geur, elegansie en kompleksiteit van die 2013-oesjaarwyn kan toegeskryf word aan vatveroudering vir agt maande van die basiswyn, gevolg deur sewe jaar op die moer in die bottel om rykheid en finesse te ontwikkel.

Die mousse is uitsonderlik fyn en egalig, opgekikker deur aromas van lig geroosterde amandels, lemmetjiekonfyt en titsels vars groenappel. Hierdie lewendige aromas word verryk in die mond deur geure van vars gebakte gougère.

Hierdie besonderse Tokara Cap Classique ondersky homself verder deur sy ongewone bottel wat spesiaal ontwerp is om deftigheid en sofistikasie uit te beeld. Pragtige verpakking voltooi die prentjie en maak hierdie die perfekte geskenk vir enige viering.

Die Tokara Cap Classique 2013 is in die landgoed se proelokaal beskikbaar teen R650 per bottel. Vir aanlyn-aankope, besoek www.tokara.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>