Tinta Barocca een van Allesverloren se vele vreugdes

Date posted:
January 20, 2011

Die robynrooi Tinta Barocca van die 2008-oesjaar wat pas deur Allesverloren vrygestel is, lê na aan die hart van sy maker en eienaar van die plaas, Danie Malan. Dis deels omdat die wingerde waaruit die druiwe kom so ryk is aan geskiedenis. Van hulle is nog deur sy oupa, ook Danie, aangeplant, reeds in 1958! Dit was die tyd toe Allesverloren se bekende port sy merk op die Suid-Afrikaanse wyntoneel begin maak het.

 

Dit was oupa Danie wat Allesverloren van ? saaiplaas in ? wynplaas omskep het. Met die hulp van bekende wingerdboukundiges het hy die beste portkultivars vir sy omgewing geïdentifiseer en aangeplant. Hy het vas geglo dat die Swartland met sy ryk, diep grond die ideale terroir vir portkultivars besit, ? oortuiging wat met die jare herhaaldelik deur oorsese wynnavorsers bevestig is.

 

Hoewel die gewildheid van port in die middel sestigerjare in Suid-Afrika tydelik getaan het, het die Malans voortgegaan met die verbouing van portkultivars soos touriga nacional, souzão en natuurlik tinta barocca. Terselfdertyd het hulle ook meer van die tipiese wyndruifkultivars soos cabernet sauvignon en shiraz aangeplant.

 

Mettertyd het hulle begin eskperimenteer om te sien of hulle nie ook interessante droë tafelwyne van die portdruiwe kan maak nie. In die vroeë sewentigerjare het die huidige eienaar se pa, Fanie, die eerste droë tafelwyn van tinta barocca op die plaaslike mark gebring. Die wyn het onmiddellik ? groot getal lojale aanhangers gelok wat steeds meer word.

 

Vir Danie is hierdie wyn ook baie spesiaal aangesien dit die een is waarmee hy die buitelandse mark betree het. Danksy nuwe aanplantings is daar vandag sowat 55 hektaar tinta barocca op die plaas en byna die helfte van die wyn daarvan word uitgevoer na die Skandinawiese lande.

 

Toe Danie Malan onlangs die onderskeiding te beurt geval het om as Swede se internasionale wynmaker van die jaar aangewys te word, het die beoordelaars spesifiek gewag gemaak van die baanbrekerswerk wat hy bly doen het om rooi tafelwyne in die klassieke styl van tradisionele portkultivars te maak. Benewens die Tinta Barocca, maak hy ook 'n baie geslaagde Touriga Nacional wat verlede jaar by Veritas goud verwerf het.

 

Die 2008- Tinta Barocca is 'n maklike drinkwyn wat oor sterk en ryk bessiegeure beskik, versag deur aromas van vanielje en eikspesery.

 

“Ek dink na veertig jaar verstaan ons die kompleksiteite van hierdie kultivar maar alte deeglik. Met die tyd, glo ek, het ons geleer hoe om die beste uit die druiwe te haal en die ware potensiaal van die wyn na vore te laat kom,” vertel Danie.

 

Die wyn verkoop teen sowat R77 per bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram