The Wine Arc – Die begin van nuwe moontlikhede vir ‘swart’ handelsmerke

Die bekendstelling van The Wine Arc dui op die begin van nuwe groeimoontlikhede vir wynhandelsmerke in swart besit. Dertien handelsmerke – wat Aslina Wyne, Bayede!, Cape Dreams Wyne, Carmen Stevens Wyne, Koni Wyne, La Ricmal, Libby’s Pride Wyne, M’Hudi Wyne, Paardenkloof Wyne, Ses’fikele Wyne, The Bridge of Hope Wyne, Tesselaarsdal Wyne en Thokozani Wyne insluit – sal aan die loodsprogram deelneem wat in Desember afskop.

Die voorsitter van die SA Wynindustrie Transformasie-eenheid (SAWITU), mnr Tshililo Ronald Ramabulana, sê  dit is die eerste stap om wynhandelsmerke in swart besit in die wynbedryf te vestig.

“Hierdie wynhandelsmerktuiste simboliseer die einde van meer as twee dekades in die Suid-Afrikaanse wynbedryf waar ons nie ‘n handelsmerktuiste van ons eie gehad het nie,” sê Carmen Stevens. “Hierdie is ‘n kleinhandelspasie wat vriendelik en akkommoderend is en vooruitsigte van groei en geleenthede vir ons handelsmerke bied.”

Sy het verder genoem dat The Wine Arc die verlede, hede en die toekoms vir wynhandelsmerke in die land verteenwoordig.

Vir meer inligting oor The Wine Arc, volg hulle op Facebook, Twitter en Instagram @thewinearc.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>