Terra del Capo Sangiovese 2016 – Italiaanse inspirasie regdeur die jaar!

Wynliefhebbers wat ’n ligter, meer toeganklike rooiwyn soek, hoef niks verder te kyk as Anthonij Rupert Wyne se Terra del Capo Sangiovese 2016 nie. Hierdie ligter-styl rooiwyn is gemaak om regdeur die jaar geniet te word.

Die Terra del Capo-wyne, ’n Italiaans geïnspireerde wynreeks, is oorspronklik deur die ontslape Anthonij Rupert ontwikkel. Hy het nie net geglo dat Suid-Afrika grondsoorte het wat nommerpas is vir Italiaanse kultivars nie, maar het ook ’n groot liefde vir Italië en die natuurlike sinergie tussen kos en wyn gehad. Hierdie sinergie is ook sinoniem met die Suid-Afrikaanse leefwyse waar kos en wyn ’n integrale deel van die alledaagse omgang is en ’n heerlike manier om alles te vier. Rupert was die pionier wat Italiaanse kultivars aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf bekend gestel het en ook die eerste in Suid-Afrika om wyn te maak van kultivars soos sangiovese en nebbiolo.

Die wyne in die Terra del Capo-reeks bestaan tans uit twee rooies – die Terra del Capo Sangiovese en die Terra del Capo Arné, ’n versnit van sangiovese en merlot wat saam gegis is – en een witte – die Terra del Capo Pinot Grigio. Al drie is heerlike, genotvolle en verfynde wyne vir alledaagse gebruik of met gepaste disse.

Anthonij se passie vir alles Italiaans het werklikheid geword toe sy ouer broer, Johann Rupert, die plaas nou bekend as Anthonij Rupert Wyne in 2011 gekoop het. Die destydse proekamer is omgeskep in die pragtig ontwerpte en Italiaans-geïnspireerde Terra del Capo-proelokaal. Die proelokaal simboliseer Franschhoek se reputasie vir asemrowende natuurskoon, bekroonde wyne en puik kos wat van net die beste bestanddele gemaak word. Dit weerspieël die Italiaanse lewensfilosofie van la dolce vita, oftewel die goeie lewe, waar kos, wyn en samesyn in ’n ontspanne en elegante omgewing kan hande vat.

Die huidige oesjaar van die Sangiovese is gemaak van volrypdruiwe wat saggies fyn gedruk is voordat die sap gegis en die wyn daarna vir 12 maande lank in Franse eikehoutvate van 500 liter verouder is. Hierna is die wyn vir ’n verdere 10 maande in die bottel verouder voordat dit bekend gestel is.

Die Terra del Capo Sangiovese 2016 stel helder kersie- en bloubessie-aromas vry wat na die mond deurgevoer word met speserye en uitlokkende vrugtegeure wat puik gebalanseer word deur die noukeurige gebruik van eikehout. Hoewel kompleks is die wyn heerlik toeganklik en talm dit op die tong voordat dit eindig met ’n ligte kakaosmaak. Sy ryp kersie-, soepel pruim- en speserygeure stel hom in staat om puik by Italiaanse disse soos stadig gesmoorde tamaties, klassieke Italiaanse lasagne, stadig gestoofde Osso Bucco en Pasta Napolitana te pas. Ligter disse vir hierdie wyn sluit in salami, olywe en piekels, of geniet dit net op sy eie!

Die wyn is by die proelokaal beskikbaar teen R85 per bottel of by uitgesoekte wynwinkels landwyd.

Vir meer inligting, skakel 021 874 9074 of stuur ’n epos aan tasting@rupertwines.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>