Tangled Tree wys daar’s meer in wynbottels as die nektar van die gode!

Van Loveren se Tangled Tree-wynbottels het ’n koolstof-voetspoor 60% kleiner as enige van hul eweknieë. Die Tangled Tree-filosofie gaan egter veel verder as ’n koolstof-voetspoor, dit bied bied ook maniere om die bottels se impak op die omgewing verder te verminder met kreatiewe maniere waarop die wynbottels hergebruik kan word.

Maak ’n voëltjie-voerbottel deur ’n stukkie draad en basiese klampe te gebruik.

Van Loveren se eko-vriendelike wynreeks is geïnspireer deur ’n paar bome op die familieplaas buite Robertson wat só inmekaar verstrengel geraak het dat dit ’n natuurlike simbool van liefde en eenheid geword het.

Skep jou eie tuin-besproeiing deur bloot die bottel te vul en onderstebo in die grond te druk.

Deur die Tangled Tree-wyne te koop en geniet, verklein mens reeds jou koolstof-voetspoor. Maar gaan ’n tree verder en gee jou (leë!) Tangled Tree-bottels ’n tweede lewe.

Hoewel die Tangled Tree-bottels geen chemiese BPA bevat nie en hoogs herwinbaar is, bied hulle ’n ander wonderlike manier om afval te verminder, en boonop ’n prettige manier om te ontspan en kreatief te wees. Die bottels is al gebruik om kostuum-juweliersware, snuistery-houers en selfs vertikale tuine te maak.

Gebruik die bottels as ’n kamerverdeler. In hierdie prentjie is dit met ou langspeelplate afgewissel.

Die Tangled Tree-reeks bestaan uit die volgene wyne:

Tropical Sauvignon Blanc, ’n vars en vrugtige wyn met tropiese vrugtegeure;

Alle wynbottels kan hergebruik word. Gebruik net jou verbeelding. Hier word ‘n edel laatoes-wynbottel vir olyfolie gebruik. Dit kan ook vir balsamiekasyn aangewend word. Die tuite is by drank- en kettingwinkels beskikbaar.

Butterscotch Chardonnay met kenmerkende geure van botterkaramel en crème brûlée wat deur die subtiele vrug-intensiteit gebalanseer word;

Moscato Rosé met ’n lieflike muscat-en-roosblaar geur;

Chocolate Cabernet Sauvignon met kenmerkende sjokolade- en mokkageure wat spog met elegante lae swartbessie en braambessie; en

Spicy Shiraz wat ’n ryk en sterk rooibessie-geur het.

Van Loveren gebruik multi-vlaktegnologie wat suurstof – wat wyn laat bederf – uithou, wat beteken die wyn bly langer vars. Dit kan vir tot twee jaar veilig gestoor word.

Tangled Tree-wyne is landwyd by wynwinkels beskikbaar teen die voorgestelde kleinhandelprys van R49.99 per bottel. Besoek die Van Loveren- en Tangled Tree-webwerwe, www.vanloveren.co.za en www.tangledtree.com, vir meer inligting oor die wyne, sowel as die Retief-familie se toewyding tot volhoubare wynmaak.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>